<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Wiskunde

Graad 5

Gewone breuke en desimale breuke

Module 38

Tabelle en kontroles om data te organiseer

Aktiwiteit 1:

Om tabelle en kontroles te gebruik om data te organiseer en aan te teken [lu 5.3]

1. Gebruik nou jou bestaande kennis. Kyk goed na die volgende tabel en voltooi:

T E t h
Bv. 5 9 8 = 5 98 100 size 12{ { { size 8{"98"} } over { size 8{"100"} } } } {} = 5,98
1.1 3 6 = ............ = ............
1.2 1 7 = ............ = ............
1.3 3 6 = ............ = ............
1.4 4 2 8 5 = ............ = ............
1.5 4 7 0 3 = ............ = ............

Kopkrapper!

Hoe lyk die volgende breuke as desimale breuke op die sakrekenaar?

1. 3 100 size 12{ { {3} over {"100"} } } {}

2. 9 100 size 12{ { {9} over {"100"} } } {}

3. 40 100 size 12{ { {"40"} over {"100"} } } {}

4. 80 100 size 12{ { {"80"} over {"100"} } } {}

5. 37 100 size 12{ { {"37"} over {"100"} } } {}

6. 59 100 size 12{ { {"59"} over {"100"} } } {}

Hoe verskil 3 en 4 se antwoorde van die res?

Waarom is dit so?

Het jy geweet?

Ons skryf gewoonlik nie die eind nulle in desimale breuke nie, maar dit is belangrik om hulle wel in die volgende gevalle te skryf:

a) As ons met geld werk: R8,60 (dit wys hoeveel sent daar is)

b) As ons atlete se tyd neem met ’n stophorlosie : 7,30 sekondes. So gee ons uitslae tot ’n honderdste van ’n sekonde

  1. As Ma materiaal gaan koop: 1,70 meter (sodat die verskoopsper­soon presies weet hoeveel cm om af te sny)

Aktiwiteit 2:

Om getalle te herken en voor te stel [lu 1.3]

1. Soms is dit moeilik om te bepaal presies waar ‘n desimale getal in die groot geheel pas. n Getallelyn is ‘n handige hulpmiddel om jou hierin te help, want nou kan jy “sien” hoe die getalle op mekaar volg. Kyk of jy op die getallelyn kan aandui min of meer waar die volgende getalle sal lê:

A : 5,82

B : 5,99

C : 6,09

D : 6,24

Aktiwiteit 3:

Om ‘n reeks tegnieke te gebruik om hoofreken te doen [lu 1.10.2]

1. Kom ons speel ’n speletjie!

Werk saam met ’n maat. Maak beurte. Druk met die agterkant van jou potlood op enige getal terwyl jou oë toe is. Maak dan jou oë oop en sê waaruit dié getal bestaan,

bv. 14,38 = 14 + 3 10 size 12{ { {3} over {"10"} } } {} + 8 100 size 12{ { {8} over {"100"} } } {}

Alles wat jy reg het, moet jy groen inkleur, terwyl jou maat weer alles wat korrek is, blou inkleur. Die een wat iets verkeerd het, mis ’n beurt. Die een wat die meeste blokkies ingekleur het, wen.

Aktiwiteit 4:

Om getalle te herken en te klassifiseer ten einde hulle te vergelyk [lu 1.3.3]

1. Jy weet reeds hoe ons tiendes en honderdstes as desimale breuke skryf. Kyk nou baie goed na die volgende getalle. Vervang die * met<;>of =

Wenk: as jy twyfel oor die korrekte antwoord, breek die getalle eers op soos in die speletjie hierbo.

1.1: 1,7 * 1,07

1.2: 0,6 * 0,06

1.3: 0,58 * 0,9

1.4: 0,34 * 0,4

1.5: 2,05 * 2,5

1.6: 1,8 * 1,80

Kopkrapper!

Hoe lyk een kwart ( 1 4 size 12{ { { size 8{1} } over { size 8{4} } } } {} ) as ’n desimale breuk? .........................

Kan jy die volgende as desimale breuke skryf?

a) 3 4 size 12{ { {3} over {4} } } {} :

b) 1 25 size 12{ { {1} over {"25"} } } {} :

c) 3 20 size 12{ { {3} over {"20"} } } {} :

d) 17 50 size 12{ { {"17"} over {"50"} } } {} :

Aktiwiteit 5:

Om tabelle en kontroles te gebruik om data te organiseer en aan te teken [lu 5.3]

1. Uitdaging!

Neem ’n maatband en meet die lengte van vyf van jou klasmaats (tot twee syfers na die desimale komma). Lys jou resultate in ’n tabel en rangskik jou maats van die kortste tot die langste.

Naam Lengte Genommer :kort na lank
1.1
1.2
1.3
1.4
1.5

Duisendstes

Het jy geweet?

As ek een duisendste 1 1000 size 12{ { {1} over {"1000"} } } {} as ’n desimale breuk moet skryf, sal dit 0,001 wees.

Die nulle is plekhouers vir die ene, tiendes en honderdstes en mag nie weggelaat word nie.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 5. OpenStax CNX. Sep 07, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10993/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask