<< Chapter < Page Chapter >> Page >

In die praktyk het dit daarop neergekom dat werk aan wit mense teen hoër lone as dié van swart mense verskaf is.

Die regering het ondernemings aangespoor om wit mense in diens te neem, en ook gestraf, as hulle dit nie doen nie. Die staat het kontrakte toegeken verkieslik aan ondernemings wat slegs blankes in diens geneem het. Die gevolg was dat ondernemings baie ongeskoolde swart arbeiders deur armblankes vervang het.

Die regering het die staatsdiens opdrag gegee om “onbeskaafde arbeid” deur “beskaafde arbeid” te vervang, veral in die spoorweë, wat die grootste werknemer van wit arbeid geword het.

Aktiwiteit 5:

Om die aandeel van die twee bevolkingsgroepe in die vervaardigingsbedryf as persentasies uit te druk

[lu 2.1]

In 1930 was die bevolkingsyfers soos volg:

Wit bevolking 1 801 000
Swart bevolking 5 585 000
Wittes in vervaardiging 91 024
Swartes in vervaardiging 90 517
  1. Watter persentasie van die wit bevolking was verbonde aan die vervaardigingsbedryf?
  1. Watter persentasie van die swart bevolking was verbonde aan die vervaardigingsbedryf?
  1. Watter persentasie van die bevolking was wit?
  2. Watter persentasie van die bevolking was swart?
  3. Watter persentasie van die totale bevolking was verbonde aan die vervaardigingsbedryf?

I)regering onder die verenigde party

In 1934 het die Nasionale Party en die Suid-Afrikaanse Party saamgesmelt om die Verenigde Party te vorm.

Die vinnige verstedeliking van die swartes en die vinnige toename in getalle het die druk om die Kaapse swart stemreg te verwyder, laat toeneem. Die Wet op Naturelleverteenwoordiging wat in 1936 deurgevoer is, het die swart mense hul stemreg ontneem.

Terselfdertyd het die Naturelle-Trust en Grondgebiedwet voorsiening gemaak dat meer grond vir die reservate aangekoop word. Die reservate het nou 13,5% van die totale landoppervlakte van die Unie van Suid-Afrika uitgemaak.

In 1937 het die Wysigingswet op Naturellewette in wese swartes uit die landelike gebiede verbied om werk in die stede en dorpe te kom soek.

j) Die ekonomiese impak van die Tweede Wêreldoorlog

Die oorlog het ‘n keerpunt in die Suid-Afrikaanse ekonomie teweeg gebring. Groot hoeveelhede oorlogsmateriaal was nodig om die Suid-Afrikaanse troepe mee toe te rus. Dit het die regering aangemoedig om ‘n wye reeks goedere self te vervaardig. Groot industriële staatsondernemings soos die Spoorweë, die myne die Munt en Yskor het in ‘n hoë mate oorgeskakel na die produksie van oorlogsmateriaal.

Uiteindelik het Suid-Afrika nie alleen sy eie magte nie, maar ook sy bondgenote met wapentuig toegerus, ondermeer tenkafweerkanonne, ammunisie (18 miljoen patrone per maand), mortierbomme, geweeronderdele, ens.

Verskeie private firmas is ook aangemoedig om hulle vir die vervaardiging van krygstuig in te rig.

Suid-Afrika het nou omgeskakel van ‘n mynbou-ekonomie na ‘n oorwegend vervaardigingsekonomie. Die oorlog het ook die invoer van goedere soos mynboumasjinerie bykans onmoontlik gemaak. Die land het dus geen keuse gehad as om self die goedere te vervaardig wat nywerhede nodig gehad het.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 7. OpenStax CNX. Sep 09, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11024/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask