<< Chapter < Page Chapter >> Page >

12. oumas

13. oribi’tjie

14. Du Preeztjie

15. A-span

16. heldeontvangs (ook helde-ontvangs) maar dan nie a.g.v. moontlike verkeerde uitspraak nie, eerder makliker lees

17. garage’e

18. Terblanche’e

19. Du Toits

20. nommer 5-skoen

21. 10 liter melk (hoeveelheid liters word aangedui)

22. 10-liter-houer/10-literhouer (aanduiding van grootte)

23. Markotter-gedenkboek

24. dieet (geen klankverwarring moontlik

25. spieël (tradisioneel so gespel, hoewel ons dit net soos spier uitspreek

26. finansieel (geen klankverwarring moontlik)

27. finansiële

28. Ma-hulle

29. betaal-TV

Aktiwiteit 2

Bepaal asb. self die lengte van die skryfstuk, puntegewig, datum van inlewering. Laat die leerders die raamwerk van die dialoog in groepsverband of individueel doen. Dalk ’n nuttige stuk vir die portefeulje.

  • PLAAS IN PORTEFEULJE AS KREATIEWE SKRYFWERK: KORTER STUK/DIALOOG

Aktiwiteit 3

TEKS B: Skaatsplankryer

  • Behandel eers die gedig sonder om na die vrae te verwys.

Memorandum

1. Betekenis 1.1 – sweef; 2.1 effens buite konteks, maar tog haalbaar 4.1

2. Denimklere (die skets wys valhelm ens., maar dit staan nie in gedig).

3. teen ’n helling “afdraandpad”

4. “knoop” “ontknoop” “maak arms oop” “gier”

5. Beweeg met sy bene/trap kruis en dwars oor skaatsplank, swaai arms voor, agter en aan weerskante van hom verby (lyk of hy hom vasknoop en dan weer losknoop), sprei arms asof hy wil vlieg, staan dan laastens doodstil met oop arms op voortsnellende plank.

6. Ingevoegde sinsnede/verteller wil ons aandag vestig op die ekstase, gevoel van die ryer. Terselfdertyd ’n belangrike aanduiding van “rede”/”boodskap” van gedig. (Met hierdie inligting sal u sekerlik moet help.)

7. enjambement

8. Gedig lees vloeiend, sonder stiltes/onderbrekings – versterk beeld van ryer wat vloeiend beweeg.

9. “gier (bevry)” r. 4 (Gesels met die klas – indien u ’n skerp groep het – oor of “bevry” steeds beskryf, en of dit nie dalk al oorgaan na toepassing nie.)

10. Lei klimaks/toepassing in.

11.1 (feitlik) geen rymende woorde; miskien wel r. 1 en 5

11.2 vrye vers

12. Hy beweeg asof die aarde se AANTREKKINGSkrag (wat mense vashou) nie op hom ’n invloed het nie.

13. “vaart” en “gier” ook “bevry” en “-windswael”

14. metafoor

15. Wil iets van vry word, beweeg asof niks hom vashou nie, uitlig. Ja – kyk 2.6.2.

16. Die seun word nooit werklik vry, los van die aarde nie, moet die hele tyd op die aarde beweeg en nie soos swael in die lug nie.

17. Meestal ja, met die antw. van 2.6.2 as motivering. NB ook die woord “bevry” net voor die dubbelpunt is van belang. Ander siening met motivering moet ook aanvaar word.

Aktiwiteit 4

18. Ook by hierdie stelwerkstuk moet u self die lengte en puntegewig bepaal, die leerders met die raamwerk help en ’n datum vir inlewering vasstel. Stel dit duidelik dat u veral soek na beskrywing van emosie/gevoelservaring. Leerders mag selfs hulle ervaring beskryf die eerste keer toe hulle fiets gery het.

  • PLAAS IN PORTEFEULJE AS KREATIEWE WERK: LANGER SKRYFSTUK.

Aktiwiteit 5

TEKS C: Moenie so ploeter, kry ’n skoeter

1. WANNEER U MET HIERDIE TEKS BEGIN WERK, is die eerste opdrag hier die beantwoording van die stuk as begripstoets. Die leerders moet dus die stuk individueel

stillees en die gegewe vrae daaroor individueel skriftelik beantwoord. Die antwoorde moet u verkieslik self aan die hand van die onderstaande memorandum assesseer.

1.1 Ryplanke is groot pret, maar kan ook nuttig gebruik word om mee oor die weg te kom. (3)

1.2 Dis opvoubaar (kan selfs gedra word), gebruik min plek en ’n mens hoef dan nie te loop nie. (3)

1.3 swaarkry, sukkelend oor die weg kom (2)

1.4 iets wat gewild is, wat jy moet hê as jy in die tel wil wees (2)

1.5 vinnig rondbeweeg (2)

1.6 druk opwinding uit (2)

1.7 “klanklose bromponie sonder enjin” (2)

1.8 Nie almal verstaan die woord dieselfde nie - wat vir een mens (redelik) vinnig is, is vir ’n ander stadig. (2)

1.9 ’n deel van die verkoopsom wat die verkoper ontvang (1)

1.10 mense wat namens maatskappy produk verkoop (1)

  • U KAN OOK HIERDIE STUK IN DIE PORTEFEULJE GEBRUIK: GESKREWE IND. RESPONS OP TEKS.

Aktiwiteit 6

2. Behandel met die leerders eers die basiese werkwyse by opsomming. Let daarop dat hierdie opsomming ’n puntsgewyse (en baie basiese soort) opsomming is. Moenie in te veel detail ingaan wat nie hier ter sake gaan wees nie. ASSESSEER ook hier die leerders individueel.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 8. OpenStax CNX. Sep 11, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11037/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask