<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Kuns en kultuur

Graad 4

Skepping, interpretasie en aanbieding

Module 25

Visuele kuns: ‘n dieremasker

‘n dieremasker

Aktiwiteit 1

Om die konsepte dinamika en kontras te verstaan [lu 1.11]

In die vorige modules het jy geleer wat kleur, lyn, toonwaardes, vorm en ruimte is.

In hierdie module sal daar na kontras (teenoorgesteldes) gekyk word.

STAP 1

Die elemente van kontraste is die volgende:

Kleur

Lyn

Toonwaardes

Vorm

Ruimte

Stap 2

Soek nou voorbeelde van prentjies in ou tydskrifte vir ten minste een voorbeeld van kontras by elke formele element soos hierbo en plak dit in jou leerderjoernaal.

Aktiwiteit 2

Om ‘n dieremasker te ontwerp [lu 1.11]

Voor jy met die beplanning van jou dieremasker begin, laat jou opvoeder eers die inligting omtrent maskers aan die klas verduidelik.

Besluit eers watter dier jy wil uitbeeld. Navorsing moet dan gedoen word oor daardie dier: prentjies kan versamel word en in jou leerderjoernaal geplak of geteken word. Wanneer jy genoeg bronnemateriaal versamel het, kan die beplanning van die masker op papier begin.

BELANGRIK : Daar moet onthou word dat elke dier kenmerkende eienskappe het. Identifiseer dus eers die spesifieke dier wat jy gekies het se kenmerke, byvoorbeeld ‘n leeu se maanhare, ‘n olifant se slurp, tande en ore, ‘n padda se breë bek en uitpeuloë, ‘n renoster se horing, ensovoorts.

Aktiwiteit 3

Om ‘n dieremasker van afvalmateriale te maak [lu 1.10]

Vir jou om te versamel:

Riffelkarton of papierborde/ afvalmateriale soos botteldoppies, kurk, moertjies, wasgoedpennetjies, blare, sade, hessian, plastiekbotteltjies, gedroogde blomme, bene, katoen, eierhouers, polistireen, draad, gesnipperde papier, dele van ou speelgoed, wol, saagsels, skulpe, staalwol, vere, verpakkingsmateriaal, pypskoonmakers, ensovoorts.

STAP 1

Die basis is riffelkarton, ‘n veelsydige materiaal aangesien dit maklik gerond kan word. Baie interessante effekte kan ook verkry word deur die riffelkant met die gladde kant af te wissel vir gladde en growwe tekstuurkontraste. Die riffellyne kan horisontaal en vertikaal vir afwisseling gekombineer word. (As alternatief kan ‘n papierbord as basis gebruik word.)

Hou eers die vorm, riffelkarton of papierbord voor jou gesig sodat ‘n maat die posisie van jou oë met ‘n potlood kan merk. Daarna kan jy die beplanningskets van die vorige aktiwiteit oorteken met pastelle, waskryte of verf.

STAP 2

Noudat die basis voltooi is, kan daar na die dier se spesifieke kenmerke gekyk word: neus/snoet, ore, snorhare, bek, tande, horings, ensovoorts. Hierdie fisiese eienskappe moet jy dan met ‘n verskeidenheid afvalmateriale aanbring. So kan snorbaarde met pypskoonmakers geskep word, ‘n snoet met ‘n swartgeverfde botteldoppie, gesnipperde papier vir maanhare – die lys is oneindig. Kyk hoe kreatief en oorspronklik jy kan wees!

Onthou die tabel wat julle in Aktiwiteit 1 voltooi het – julle moet soveel moontlike kontraste probeer skep op die masker deur middel van kleur, lyn, toonwaarde, vorm, ruimte en tekstuur.

STAP 3

Na die versiering van die masker, moet twee gaatjies aan weerskante van die masker gemaak word. Rek of tou kan gebruik word om tussen die twee gaatjies te span sodat die masker op jou kop bly. Anders kan jy die masker bloot met die hand voor jou gesig hou tydens ‘n opvoering.

Aktiwiteit 4

Om die dieremasker in die klas te gebruik[lu 1.11]

Jy gaan nou die geleentheid kry om jou masker aan die klas te vertoon. Probeer om soos jou dier te beweeg en ook geluide soos jou dier te maak terwyl jy die masker dra.

Assessering

LEERUITKOMS 1: SKEPPING, INTERPRETERING EN PRESENTERING Die leerder kan in elk van die kunsvorme skep, interpreteer en werk presenteer.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

maskers en kunsvlyt, artefakte, kostuums, collages of poppe kan maak deur van natuurlike, afval- of gevonde materiale gebruik te maak;

1.11 kunswerke kan maak en deel om beplanning en vaardige gebruik van ontwerpelemente te demonstreer tydens die maak van maskers gegrond op verskeie natuurgode afkomstig van verskillende kulture; die basiese formele elemente en tegnieke van twee-dimensionele kuns (teken en skilder) verken; toonwaardes kan identifiseer en primêre, sekondêre en tersiêre kleure kan meng; vorm in ruimte in drie-dimensionele werk (modelbou en kleiwerk) kan weergee.

Questions & Answers

calculate molarity of NaOH solution when 25.0ml of NaOH titrated with 27.2ml of 0.2m H2SO4
Gasin Reply
what's Thermochemistry
rhoda Reply
the study of the heat energy which is associated with chemical reactions
Kaddija
How was CH4 and o2 was able to produce (Co2)and (H2o
Edafe Reply
explain please
Victory
First twenty elements with their valences
Martine Reply
what is chemistry
asue Reply
what is atom
asue
what is the best way to define periodic table for jamb
Damilola Reply
what is the change of matter from one state to another
Elijah Reply
what is isolation of organic compounds
IKyernum Reply
what is atomic radius
ThankGod Reply
Read Chapter 6, section 5
Dr
Read Chapter 6, section 5
Kareem
Atomic radius is the radius of the atom and is also called the orbital radius
Kareem
atomic radius is the distance between the nucleus of an atom and its valence shell
Amos
Read Chapter 6, section 5
paulino
Bohr's model of the theory atom
Ayom Reply
is there a question?
Dr
when a gas is compressed why it becomes hot?
ATOMIC
It has no oxygen then
Goldyei
read the chapter on thermochemistry...the sections on "PV" work and the First Law of Thermodynamics should help..
Dr
Which element react with water
Mukthar Reply
Mgo
Ibeh
an increase in the pressure of a gas results in the decrease of its
Valentina Reply
definition of the periodic table
Cosmos Reply
What is the lkenes
Da Reply
what were atoms composed of?
Moses Reply
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Kuns en kultuur graad 4. OpenStax CNX. Sep 17, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11088/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Kuns en kultuur graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask