<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Die canolablom en -landery

Genetika

  • Ons kennis van selle en hoe hulle reageer en gemanipuleer kan word, is besig om vinnig toe te neem. Woorde soos kloning, genetiese manipulasie, GMO’s en geenterapie is deesdae meer en meer in die nuus. Selbiologie, Genetika en verwante velde gaan toenemend belangrike studievelde word.
  • Belangrike inligting word oorgeplaas tydens die bevrugtingsproses. Hierdie inligting kan beskryf word as die plan in terme waarvan die nuwe organisme ontwikkel. Die plan is vasgelê in ‘n spesiale molekule, bekend as DNA. DNA bestaan uit kodes. Die kodes bepaal al die eienskappe van die nuwe organisme.
  • Hierdie kodes kom in kort stukkies voor wat ons gene noem. Die studie van die molekule en strukture soos gene, en die wyse waarop dit van geslag na geslag oorgedra word, noem ons genetika.

Aktiwiteit 2:

Om inligting te versamel oor genetiese manipulasie

[lu 1.7, 2.2]

Doen die volgende op jou eie:

a) Gaan na die biblioteek en versamel inligting oor verskillende tipes plante wat geneties aangepas is, om hoër oeste te verseker. Dit is ‘n voorbeeld van hoe die tegnologie ingespan word vir ontwikkeling. Skryf in jou eie woorde wat jy onder genetiese manipulasie verstaan, en wat met tegnologie bedoel word. Vind uit wat in laboratoriums gebeur, en hoe wetenskaplikes op verskillende terreine bydra tot die ontwikkeling van ‘n land.

b) Besoek onder andere die volgende webtuiste op die internet:

Google.com:

Saby Ganguly: From Bengal Famine to the Green Revolution (Gebruik die titel of kernwoorde in die titel vir ‘n soektog.

Peter Rosset,Joseph Collins, Francis Moore Lappé: Lessons from the Green Revolution , Tikkun Magazine, March/April 2000

Bespreek die volgende stellings in pare:

Aktiwiteit 3:

Om die gevolge van die gebruik van gifstowwe op die mens en omgewing te bepaal

[lu 2.1]

Plaagdoders kan aangewend word om oeste teen beskadiging deur insekte te beskerm. Dit kan egter ook ‘n negatiewe invloed op die ekosisteem hê.

  1. Kry duidelikheid oor die betekenis van hierdie stelling.
  2. Vind uit watter nadelige gevolge die gebruik van gifstowwe vir die mens en die omgewing kan inhou.

Aktiwiteit 4:

Om te bepaal of voedselproduksie in die rsa voldoende is om in die mense se behoeftes te voorsien

[lu 2.3]

Die uitdaging wat die landbousektor in die gesig staar, is om genoegsaam te produseer sodat daar in die wêreld se snel groeiende bevolking se behoeftes voorsien kan word. In sekere dele van die wêreld is daar egter reeds mense wat nie genoegsaam gevoed kan word nie, of selfs sterf weens ‘n gebrek aan voedselvoorrade. Volgens syfers van die Wêreldbank was daar teen die jaar 2000 meer as 840 miljoen mense in die wêreld wat nie genoeg voedsel gehad het om te eet nie. Daar sterf gemiddeld 30 mense per minuut weens ‘n gebrek aan voedsel in ontwikkelende lande. Die produksie van voedsel sal met 50% moet toeneem, om teen die jaar 2025 die addisionele twee biljoen mense te voed. Dit maak die huidige situasie baie meer kompleks as voor die aanvang van die Groen Rewolusie in die 1970’s.

  1. Gebeur dit ook in ons land?
  2. Is daar ook mense wat te veel eet?

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Aardrykskunde graad 9. OpenStax CNX. Sep 14, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11054/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Aardrykskunde graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask