<< Chapter < Page Chapter >> Page >

13 Sê wat die laaste reël van die gedig beteken. (1)

14 Verduidelik waarom hierdie reël alleen staan. (1)

[ 30 ]

LU 3.5

TEKS A

En nou: die waterfiets!

(a) ______ gedink jy kan met ’n fiets OP water ry? In water, ja, en (b) ______ moet jy dan seker maar (c) ______ neem met die feit dat jy gaan nat word, ja. Maar óp die water? Aikona!

En tog is dit presies wat ’n Thailandse ontwerper, mnr. Pravit Yongvanoch, se jongste ontwerp (d) ______: ’n fiets waarmee jy op water ry. En nie sommer vir die pret nie, o nee. Pravit het vandeesweek sy (e) ______bekend (f) ______ en gesê dis ’n goedkoop en omgewingsvriendelike manier om verkeersknope te (g) ______. Dis boonop goeie oefening.

Hy wil dié fiets op groot skaal (h) ______ en in Thailand en moontlik ook Amerika verkoop.

Of Suid-Afrika hierdie ontwerp ooit sal sien of gebruik, is te betwyfel, aangesien ons land geen riviere as waterweë gebruik nie. Maar wie weet, met die mens se onbeperkte (i) ______ is dit dalk net moontlik dat ons (j) ______ ‘n nuwe sportsoort: waterfietsrenne, gaan aanskou.

AKTIWITEIT 3

  • VIR HIERDIE OEFENING GAAN ONS GEWOON DIE ONTBREKENDE WOORDE UIT DIE PARE IN DIE LYS HIERONDER KIES. KIES BY ELKE NOMMER DIE WOORD WAT JY DINK DIE BESTE PAS EN SKRYF JOU ANTWOORD IN DIE BETROKKE SPASIE NEER.

WOORDELYS

(a) ooit / al / nog

(b) sekerlik / boonop / beslis

(c) geneë / genoeë / verlief

(d) behels / beteken

(e) vonds / ontdekking / uitvinding

(f) gestel / gemaak / geword

(g) ontwyk / voorkom / ontduik

(h) patenteer / vervaardig / fabriseer

(i) lewenslus / kreatiwiteit / vindingrykheid

  1. huidig / eersdaags / aanstons
  • KEN JULLE DIE BETEKENIS VAN DIE WOORDE WAT JULLE NIE GEBRUIK HET NIE? SLAAN DIE WOORDE WAT JULLE GLAD NIE KEN NIE, IN ‘N WOORDEBOEK NA EN MAAK ‘N KORT VERKLARENDE SINNETJIE MET ELKEEN SODAT JULLE DIE WOORD KEN EN IN DIE TOEKOMS KAN GEBRUIK.
LU 6.1.9

AKTIWITEIT 4

  • STEL ‘N STROOIBILJET SAAM WAARIN JULLE DIE OPENING VAN ‘N NUWE TERREIN VIR SULKE PRETGOED IN JULLE DORP ADVERTEER OF SO ‘N NUWE GIER BEKENDSTEL.
  • Werk eers in ’n groep saam om die volgende te bepaal
  • Wat julle gaan adverteer
  • Wie die teikengehoor is
  • Hoe julle dié gehoor gaan bereik (taalgebruik, program vir die dag ens.)
  • Die stelwyse van die stuk sodat die leser die opening/bekendstelling sal wil bywoon
  • Stel nou elkeen ’n strooibiljet saam.
LU 4.4

Assessering

LU 2 PRAAT
Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ’n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.
Dit word bewys as die leerder:
2.4 ’n verskeidenheid basiese interaksievaardighede toon deur aktief aan groepbesprekings deel te neem;
2.5 mondelinge aanbiedings met redelike akkuraatheid en kreatiwiteit doen.
LU 3 LEES EN KYK
Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer
Dit word bewys as die leerder:
3.4 hoofgedagtes identifiseer en ’n opsomming maak;
3.5 verduidelik hoe die hoofkenmerke en struktuur van verskillende tekssoorte tot die funksie daarvan bydra;
3.6 begrip van ’n teks en die doel daarvan toon deur die intrige tema., hoofkarakter ens. te bespreek.
LU 4 SKRYF
Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ’n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Dit word bewys as die leerder:
4.1 verskeidenheid verbeeldingstekste skryf;
4.2 ’n verskeidenheid feitelike skriftelike tekste vir verskeie doeleindes lewer;
4.4 die skryfproses saam met ander en individueel gebruik om tekste te skep.
LU 6 Taalstruktuur en –gebruik
Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Dit word bewys as die leerder:
6.1 werk met woorde:6.1.2 basiese spelreëls gebruik om woorde te spel;
6.1.5 ’n woordeboek gebruik om woordeskat na te vors;
6.1.9 antonieme en sinonieme gepas binne konteks vind en gebruik;
6.2 werk met sinne: 6.2.7 die aktief en passief verstaan en gebruik;
6.2.10 leestekens doeltreffend gebruik;
6.4 ’n bewustheid van en gebruik van styl ontwikkel.

Memorandum

Aktiwiteit 1

Hier haal ons die tema van sosiale geregtigheid op. Leerders moet dit in groepe bespreek deur na die teks te verwys en te argumenteer en op die ou end met ’n standpunt na vore te kom. U sal baie duidelike riglyne moet gee oor sake waarop hulle moet let, in aansluiting by wat in die module gegee word. Tydens die groepbesprekings moet u in die klas rondbeweeg en individuele bydrae in die groep assesseer met behulp van departementele assesseringstabelle. Gee genoeg tyd [m.i. maklik 2 – 3 lesure] vir (1) bespreking in die groep, en (2) terugvoering en verdere argumente tussen groepe.

Aktiwiteit 2

Lied van die fietsers

Behandel die gedig as vrye vers. Verwys na enjambement, alliterasie, herhaling (refrein), beelde, beeldspraak (vergelyking en metafoor en die geslaagdheid daarvan), reëllengtes, oop spasies in reëls ens. MOENIE te diep op die gedig ingaan nie, aangesien die leerders net vergelykings, metafore en aanhalings ter motivering van INHOUD uit die gedig moet kan haal.

  • Laat leerders daarna die gegewe vrae individueel beantwoord en bepunt dit vir hul portefeulje.

1. vrye vers (1)

2. enige twee van: ritme, herhaling, beelde, tipografie (oneweredige vorm van reëls) (2)

3. moulose hemde/grandpa vests, skewe pette, rugsakke op rug, bry soos Swartlanders (?) (3)

4. bruin; swart, dromerige oë; mooier as ander; kom lank ná hulle daar aan (enige drie) (3)

5. “vreemd soos sigeuners met ’n swartlandse bry”“rugsakke wat klou soos ape”“skaduwee . . . delikaat soos ’n web”“skaduwee oor sy . . . fiets . . . soos ’n alarm om juwele” (enige twee korrek aangehaal) (2)

6. Fietsers vgl. met sigeuners wat vreemd is/praat.Rugsakke word met ape vgl. wat vasklou.Skaduwee vgl. met ’n fyn spinnerak.Sy skaduwee wat oor fiets is, vgl. met ’n alarm om juwele (bv. in kluis). (2 x 2 = 4)

7. “konakwaberge al langs sy rug af”“baaie in sy hande”“pampano’s in sy swart o딓’n roeispaan in sy lag” (enige 2 korrek aangehaal) (2)

8. Rugwerwel met werwelpunte laat dink aan berg(reeks)/ loop soos ’n bergreeks teen sy rug af.Lag klink soos water wat kabbel. (2 x 2 = 4)

9. Geslaag – beelde wat gebruik word, skakel met reis/geografiese verskynsels/dinge wat binne die RUIMTE (milieu) van die gedig lê.

10. Het al baie gereis/baie plekke gesien of besoek. (2)

11. “in ’n paar uur” (1)

12. Verteller kan nie meer die fietser of sy skaduwee sien nie.Hy ry weg (saam met die ander). (2 x 2 = 4)

13. staan alleen (1) met . . .

14. Sê (beklemtoon) dat verteller hom nooit weer gesien het nie. (1) (2)

[ 30 ]

  • PLAAS IN PORTEFEULJE AS INDIVIDUELE GESKREWE RESPONS OP EMOTIEWE TEKS

Aktiwiteit 3

TEKS A: Die waterfiets

Sekerlik selfverduidelikend

  • (a) ooit (b) boonop (c) genoeë (d) behels (e) uitvinding (f) gestel (g) ontduik (h) vervaardig (i) vindingrykheid (j) eersdaags

Laat leerlinge hier mondelings terugvoering gee.

Aktiwiteit 4

Groepwerk aanvanklik nadat u die strooibiljet behandel het – dalk is dit raadsaam om enkele voorbeeld van sulke biljette bymekaar te maak en as leerstof te gebruik. NB in die behandeling: teikengehoor, taal wat by gehoor pas, genoeg inligting om nuuskierig te maak, inligting oor tyd, plek, ens. Baie belangrik: oorredend van aard – lesers moet oorreed/oortuig word om te gaan. Help asseblief met die raamwerk.

  • Kom ooreen oor datum, formaat, puntegewig ens.

PLAAS IN PORTEFEULJE AS FUNKSIONELE / KREATIEWE SKRYFSTUK

Questions & Answers

what is biology
Hajah Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environments
AI-Robot
what is biology
Victoria Reply
HOW CAN MAN ORGAN FUNCTION
Alfred Reply
the diagram of the digestive system
Assiatu Reply
allimentary cannel
Ogenrwot
How does twins formed
William Reply
They formed in two ways first when one sperm and one egg are splited by mitosis or two sperm and two eggs join together
Oluwatobi
what is genetics
Josephine Reply
Genetics is the study of heredity
Misack
how does twins formed?
Misack
What is manual
Hassan Reply
discuss biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles
Joseph Reply
what is biology
Yousuf Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environment.
Wine
discuss the biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles in an essay form
Joseph Reply
what is the blood cells
Shaker Reply
list any five characteristics of the blood cells
Shaker
lack electricity and its more savely than electronic microscope because its naturally by using of light
Abdullahi Reply
advantage of electronic microscope is easily and clearly while disadvantage is dangerous because its electronic. advantage of light microscope is savely and naturally by sun while disadvantage is not easily,means its not sharp and not clear
Abdullahi
cell theory state that every organisms composed of one or more cell,cell is the basic unit of life
Abdullahi
is like gone fail us
DENG
cells is the basic structure and functions of all living things
Ramadan
What is classification
ISCONT Reply
is organisms that are similar into groups called tara
Yamosa
in what situation (s) would be the use of a scanning electron microscope be ideal and why?
Kenna Reply
A scanning electron microscope (SEM) is ideal for situations requiring high-resolution imaging of surfaces. It is commonly used in materials science, biology, and geology to examine the topography and composition of samples at a nanoscale level. SEM is particularly useful for studying fine details,
Hilary
cell is the building block of life.
Condoleezza Reply
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 8. OpenStax CNX. Sep 11, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11037/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask