<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Nog twee aspekte van armoede is dat die pasiënt se kans op beter lewensomstandighede deur net gesond te eet omtrent onmoontlik is, en boonop maak die omstandighede in die oorbevolkte huisies en plakkershutte die pasiënt se kans op verbetering van sy toestand bykans onmoontlik!

Wie word aangetas?

Dit is meestal mense in die ouderdomsgroep 15 tot 39 wat die meeste MIV-positief word. Hulle is ook die ouers van jong kinders – baie van die kinders word MIV-positief gebore! Maar hierdie ouderdomsgroep is ook een van die mees ekonomies-aktiewe groepe in die gemeenskap!

Hoewel die ouderdomsgroep 15 tot 39 die meeste die virus kry, beteken dit nie dat geen ander ouderdomsgroep gespaar word nie, en nog minder dat slegs armes gevaar loop om die virus te kry!

Die bestuur van maatskaplike dienste

Een aspek van die bestuur van die land, spesifiek die bestuur van maatskaplike dienste, het te doen met die versorging, of verwaarlosing! van miljoene VIGS-wesies. Volgens sommige voorspellers gaan daar teen 2010 nie minder nie as 2,5 miljoen weeskinders onder die ouderdom van 15 jaar wees! Wat gaan van hierdie kinders word? Wie gaan vir hulle sorg? Hoe gaan hulle in ‘n reeds arm gemeenskap oorleef?

Geïnfekteer en geaffekteer

Dalk is die bekamping van, en die bestuur van die gevolge van MIV/VIGS, in die woord “ geaffekteer” opgesluit! Een groep mense is geïnfekteer of loop gevaar om geïnfekteer te word en sal dus die siekte opdoen. Die res is geaffekteer – ook dié wat dink hulle sal nooit geïnfekteer word nie!

Die persoon wat toegee dat hy/sy geaffekteer is, sal deel word van die soeke na ‘n oplossing.

En die oplossing?

Mense moet hul gedrag verander. Alle mense! Iemand wat nie die virus het nie, het eenmaal gesê: “Die oplossing vir die probleem begin by myself.” Wat sou hy tog daarmee bedoel het?

Uit: Die Burger , 20 Mei 2002

Om die verskillende opdragte te kan uitvoer, moet leerders die inligting gebruik wat in die eerste vyf of ses bladsye verskaf word.

Lekker lees en werk aan hierdie navorsings- en dinktaak, maar dit gaan nie altyd maklik wees nie! Kyk na opskrifte as julle inligting soek.

Aktiwiteit 1:

Om afleidings uit voorspellings te maak

[lu 1.2]

  • Gebruik die statistiek en die voorspellings in figure 4 en 5 om die getalle te verskaf:
  • Vanjaar is daar naastenby mense tussen 15 en 59 jaar in Suid-Afrika wat MIV-positief is.
  • In ons land is daar ongeveer VIGS-wesies.

Aktiwiteit 2:

Om afleidings uit ‘n grafiek te maak

[lu 1.2]

  • As die lewensverwagting van ’n land se inwoners styg, dui dit op vooruitgang. Die lewensverwagting van die mense van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap het mooi gestyg, soos ons kan sien uit die gegewens in figuur 3.
  • Voltooi nou die horisontale kolomgrafieke vir die vyf SAOG-lidlande volgens die inligting in figuur 5. Teken slegs een kolom, maar kleur dit rooi in vir die verwagte ouderdom met VIGS, en blou vir die ouderdom wat bereik kon word sonder die VIGS-ramp.

Aktiwiteit 3:

Om afleidings uit ‘n grafiek te maak

[lu 1.2]

  • Die inligting in figuur 2 dui op ‘n gesonde afname in die groei van die Suid-Afrikaanse bevolking. Sterftes weens VIGS kan ongelukkig beteken dat die groei so afneem dat dit later ons land benadeel.
  • Navorsers het voorspel dat die afname tussen 2000 en 2010 sonder VIGS 1,7% kan wees, maar dat dit met VIGS tot 1,5% kan daal. Voltooi die grafiek volgens hierdie gegewens. Gebruik ‘n blou om die groei sonder VIGS aan te dui, en rooi vir die groei met VIGS.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Aardrykskunde graad 7. OpenStax CNX. Sep 09, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11020/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Aardrykskunde graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask