<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Na net drie maande in sy eerste pos, is Joseph een oggend vroeg in ‘n kruisvuur tussen taxi’s gewond. Hy was baie ernstig beseer en moes vier maande in die hospitaal deurbring tot alle rekonstruktiewe chirurgie voltooi is. Mnr. Wall se staalfirma het egter geweet oor watter kwaliteite Joseph beskik en het intussen sy vrou in diens geneem ten einde die huishouding te help om te oorleef. Joseph is sederdien voltyds terug by die werk, al moes sekere aanpassings aan sy taakomskrywing gemaak word omdat sy beserings nie meer toelaat dat hy enige swaar voorwerpe mag optel nie. Mnr. Wall het ook begin om Thandi, Joseph se vrou, op te lei om met sekere administratiewe take te help.

Joseph kon spoedig ‘n eie woning bekostig en ook vir hom ‘n ligte voertuig aanskaf om veilig na sy werk en terug te reis.

Vandag is Joseph die fabrieksbestuurder met ‘n goeie salaris terwyl Thandi tuis bly om na hul drie kinders om te sien.

Wat eers vir Joseph na ‘n hopelose situasie gelyk het, het met die hulp van iemand wat in hom geglo het, ‘n blink toekoms geword. Joseph het met eerlikheid, volharding, ‘n bereidheid om te leer en harde werk ‘n goeie toekoms vir hom en sy gesin verseker en ook ‘n groot bydrae gelewer tot die land se ekonomie. Joseph se seuns sal ook eendag met meer gemak die wêreld van werk kan betree.

  • Wie in hierdie verhaal van Joseph, openbaar UBUNTU?
  • Ken jy nog mense wat UBUNTU openbaar. Beskryf kortliks hoe hy/sy UBUNTU uitleef.

In 2004 het Suid-Afrika sy eerste dekade van demokrasie gevier. In hierdie tien jaar, en daarna, is daar baie gedoen om ekonomiese wanbalanse te probeer regstel.

Aktiwiteit 1:

Om ‘n onderwerp te bespreek en ‘n definisie daarvan te formuleer

[lu 2.2]

In groepverband, bespreek wat UBUNTU beteken en skryf ‘n kort verklarende definisie.

Bespreek die verskillende groepe se definisies en stel een duidelik definisie as klas saam.

Aktiwiteit 2:

Om vrae wat betrekking op ‘n spesifieke onderwerp het, te bespreek

[lu 2.2]

So beskryf John Monqu wat hy van dag tot dag ervaar.

“ Ons huise is nou van steen en dit is nie meer so nat en koud in die winter nie. Daar is ‘n kraan met skoon water op elke straathoek en almal het toegang tot drinkwater. Die kinders is minder siek en die kliniek verskaf goeie medisyne indien iemand siek word. My kinders kan reeds almal lees en skryf, want die skoolbus laai hulle soggens op die straathoek op en laai hul weer na skool af. Hier was baie lank laas ‘n brand in ons omgewing, want die mense het nou krag in hul huise en hoef nie meer op paraffienstowe en kerse staat te maak nie. Ons het egter nog baie probleme met werk. Die meeste industrieë is ver en die taxi’s is nie ‘n baie betroubare en veilige vervoermiddel nie. Dit is nog steeds saans baie onveilig buite ons huise. Die bende-aktiwiteite vier botoon en die polisie is nie sigbaar genoeg om ‘n verskil te maak nie.”

a) Bestudeer hierdie uittreksel noukeurig en…

  • …maak ‘n lys van die veranderings (verbeterings) wat volgens John reeds deur die nuwe regering tot stand gebring is;
  • …noem ook die terreine wat nog aandag moet vereis;
  • …vergelyk John se siening van die veranderings met die veranderings soos wat jul dit in julle eie gemeenskappe ervaar.

b) Voer nou onderhoude met ander graad 7 leerders en skryf hul idees neer oor hoe die regering nog aanpassings kan maak ten einde die wanbalanse reg te stel.

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 2
VOLHOUBARE GROEI EN ONTWIKKELINGDie leerder is in staat om begrip van volhoubare groei, heropbou en ontwikkeling te toon en om krities oor die verwante proses na te dink.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
2.1 inligting versamel oor die invloed van ekonomiese beleidsrigtings tydens apartheid op eienaarskap , armoede , welvaart en gehalte ;
2.2 identifiseer stappe om sosio-ekonomiese wanbalanse en armoede reg te stel:
  • herverspreiding van rykdom;
  • regstellende aksie;
  • skepping van werksgeleenthede.

Memorandum

Na aanleiding van die verhaal:

  • Mnr. Wall
  • Let op die positiewe uitwerking wat dit op ander se lewens het.

Aktiwiteit 1

  • Leerders formuleer hul eie definisies van Ubuntu na aanleiding van die gegewe teks.

Aktiwiteit 2

  • Huise (van steen gebou)

Drinkwater uit ‘n kraan

Klinieke

Toegang tot skole

Vervoer na skole

Krag/elektrisiteitsvoorsiening

  • Ver van werksplek

Swak openbare vervoer

Onveilige woonareas

Misdaad

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 7. OpenStax CNX. Sep 09, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11024/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask