<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
Leerders het reeds deur die rolspel in die groepdrukopdrag te doen gekry met onderhandelings om by vreedsame oplossings uit te kom.
Hier is nou ‘n paar begrippe, meesal uit die politieke wêreld, wat verskillende onderhandelingsmetodes beskryf:
Groepopdrag
Elke groep kry een begrip om na te vors. Dit sal ‘n goeie plan wees om by die woordeboek te begin. Aan die einde van die opdrag moet elke groep ‘n plakkaat maak waarop die betrokke woord en die betekenis daarvan geskryf is. Probeer een voorbeeld uit ons land se politieke geskiedenis kry (kyk in koerante en op die Internet). Daar is heelwat foto’s in koerante wat ook sal help om die begrip uit te bou. Elke groepleier moet sy plakkaat en begrip aan die res van die klas verduidelik.
Suksesvolle selfbestuur
Onder die begrip selfbestuur verstaan ons om verantwoordelik te wees vir jouself en vir ‘n gesonde balans in jou lewe sodat jy ‘n gelukkige en gesonde jongmens kan wees.
Effektiewe tydbestuur is baie belangrik. Dit beteken om genoeg tyd in te ruim om jou met verskillende dinge besig te hou op so ‘n manier dat ‘n mens van ‘n “gebalanseerde” program kan praat.
Individuele opdrag
Hoeveel tyd (ure of minute) spandeer jy daagliks aan die volgende?
Maandag | Dinsdag | Woensdag | Donderdag | Vrydag | |
Huiswerk | |||||
TV kyk | |||||
Gesinsetes | |||||
Sosiaal | |||||
Internet | |||||
Lees | |||||
Stokperdjies | |||||
Sport | |||||
Huistakies | |||||
Slaap | |||||
Ander | |||||
Leeruitkomstes(LUs) |
LU 3 |
Persoonlike ontwikkelingDie leerder is in staat om verworwe lewensvaardighede te gebruik om persoonlike potensiaal te verwesenlik en uit te brei ten einde doeltreffend op uitdagings in sy/haar wêreld te reageer. |
Assesseringstandaarde(ASe) |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
|
|
|
|
|
|
Notification Switch
Would you like to follow the 'Lewensorientering graad 6' conversation and receive update notifications?