<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Kuns en kurtuur

Graad 7

Kritiese en kreatiewe denke

Module 11

Om westerse instrumente te klassifiseer

Musiek

Aktiwiteit 1:

Om westerse instrumente te klassifiseer

[lu 2.6]

  • Wat weet jy omtrent Westerse musiekinstrumente?

STAP 1

Verdeel in VIER groepe en bespreek dit wat gevra word voordat jy iets neerskryf – met ander woorde, hou ‘n dinkskrum.

STAP 2

Watter instrumente vorm deel van die simfonieorkes ? Skryf neer alles waaraan julle kan dink.

STAP 3

Skryf enkele kenmerke neer omtrent hierdie instrumente m.b.t.

  • bou
  • funksie
  • hoe klank geproduseer word.

STAP 4

Maak ‘n lys van die instrumente met dieselfde kenmerke.

STAP 5

Die opvoeder sal die verskillende instrumentgroepe aan julle verduidelik. LUISTER goed!

STAP 6

Klassifiseer nou die instrumente wat jy neergeskryf het (ook dié waarmee jy nou kennis gemaak het) in die vier groepe (families). Is daar enige ooreenkoms met STAP 4?

Strykers Houtblasers Koperblasers Slagwerk

STAP 7

Elke groep doen navorsing oor een instrumentgroep as sulks (strykers, koperblasers, slaginstrumente). Hierdie inligting moet ook aan die res van die klas gegee word.

STAP 8

Elke leerder in die groep moet nou individueel navorsing tuis gaan doen oor een instrument uit die instrumentfamilie wat jou groep nagevors het.

Maak gebruik van boeke, tydskrifte, sagteware soos ENCARTA en die Internet! (Elke groep kan ‘n spesifieke familie verteenwoordig. Plak die finale produk in jou leerderjoernaal.)

Jy moet die volgende aspekte aanraak in jou navorsing:

  • Prent van die instrument
  • Instrument se naam
  • Behorende tot watter groep? (strykinstrument, houblaasinstrument, ens.)
  • Bou van instrument; waaruit is die instrument gemaak? (hout, koper)
  • Hoe word die instrument bespeel? (staande, sittende)
  • Klassifikasie volgens hoog of laag
  • Hoe word klank geproduseer? (lugkolom, snaar, ens.)
  • Beskrywing van die klankkleur (warm, donker en laag, skril, ens.)
  • Funksie van die instrument (melodie, hoofsaaklik begeleiding)

STAP 9

Klassifiseer die instrumente volgens die stemindelings: sopraan, alt, tenoor en bas.

Stempartye Strykinstrumente Houtblaas-Instrumente Koperblaas-Instrumente
Sopraan
Alt
Tenoor
Bas

Aktiwiteit 2:

Om afrika-instrumente te klassifiseer

[lu 2.6]

  • Die res van die wêreld is gaande oor die klanke van Afrika, maar wat weet jy van Afrika en die instrumente van Afrika?

STAP 1

Voltooi die volgende t.o.v. die kaart van Afrika:

a) Dui op die kaart aan waar noord, suid, oos en wes is

b) Die Sahara dien as skeiding tussen twee verskillende musiekkulture. Noord van die Sahara is die musiek gebaseer op die styl van die Midde-Ooste. Die musiek in die streek suid van die Sahara ( Sub-Sahara ) is Afrika-musiek!

Dui op jou kaart aan waar die Sahara-woestyn is.

c) Dui die volgende 20 lande op die kaart aan:

(Slegs enkele lande word uit elke streek gegee)

(i) Wes-Afrika : Mali, Nigerië, Benin, Ghana, Ivoorkus, Senegal

(ii) Sentraal-Afrika :Tsjad, Kameroen, Kongo, Demokratiese Republiek van Kongo (Zaïre), Burundi

(iii) Oos-Afrika : Uganda, Kenia, Tanzanië,

(iv) Suidelike-Afrika : Suid-Afrika, Namibië, Botswana, Zambië, Zimbabwe, Malawi, Mosambiek, Angola.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Kuns en kultuur graad 7. OpenStax CNX. Sep 10, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11026/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Kuns en kultuur graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask