<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Ekonomiese en bestuurswetenskappe

Graad 4

Hoe mense ‘n bestaan voer

Module 2

Hoe ek noodsaaklike artikels kan bekom

(a)vroeër het mense nie dieselfde behoeftes gehad as die hedendaagse mens nie. die meeste mense het die grond bewerk, saad gesaai, geoes, hul eie diere geslag wanneer hulle vleis nodig gehad het en so probeer om in hul eie behoeftes te voorsien.

Party boere het net genoeg geproduseer om in hul eie gesinne se behoeftes te voorsien, terwyl ander weer te veel produkte gehad het. Só kon twee boere wat elkeen ‘n surplus (te veel) gehad het, dan bymekaarkom om hul produkte uit te ruil.

Dit was alles goed en wel om byvoorbeeld twee koolkoppe vir een dosyn eiers te ruil, maar wanneer jy byvoorbeeld ‘n koei en eiers wou ruil, was dit ‘n probleem. Hoeveel eiers kan jy nou ruil vir een koei? Jy het ook nie soveel eiers op een slag nodig nie!

(b)die behoefte aan ‘n betaalmiddel, geld, het ontstaan.

Daar is twee maniere om dit wat jy nodig het, te bekom:

  • jy kan iets anders daarvoor ruil;
  • jy kan met geld daarvoor betaal.

Vroeër het die mense standaarditems, byvoorbeeld skulpe, tiervelle, diamante, koper, goud, ens. gebruik as betaalmiddel.

Aktiwiteit 1

Om die suid-afrikaanse munte en note te identifiseer [lu 1.1]

(c)dra jy kennis van die geldeenhede wat in suid-afrika gebruik word? kyk of jy ‘n lys kan maak van al die verskillende munte en note:

Munte Note

(d)waar kom geld vandaan?

Mense moet werk om vir kos, klere en ander basiese behoeftes te kan betaal. Wanneer jy werk , verdien jy ‘n salaris. Jy is deur iemand in diens geneem en het dan ‘n inkomste .

Nie alle mense werk vir ander mense om ‘n salaris te verdien nie. Sommiges het hul eie besigheid en werk vir hulself. Hulle besit byvoorbeeld ‘n kafee, smous met handgemaakte produkte, het ‘n eie mediese praktyk, ens.

Wanneer iemand nie ‘n inkomste genereer deur te werk nie, is so ‘n persoon werkloos . Lede van ‘n gesin probeer altyd om met behulp van die geld wat hulle verdien, die kwaliteit van hul lewenstandaard te verbeter. Hoe meer geld ‘n gesin verdien, hoe beter kan hulle lewe.

Noodsaaklike behoeftes

Die “produkte” wat die mens nodig het om te oorleef, kan in twee hoofgroepe verdeel word:

  • gebruiksartikels
  • dienste

Dienste word deur ander mense aan jou gelewer in ruil vir geld. so lewer die dokter ‘n diens wanneer hy/sy jou ondersoek om die oorsaak van jou pyn en lyding vas te stel. wanneer jy met ‘n taxi of bus reis, lewer die bestuurder ‘n diens deur jou van een punt na ‘n ander te vervoer.

Gebruiksartikels is daardie produkte wat mense van dag tot dag gebruik, byvoorbeeld kos, skoonmaakmiddels, medisyne, ens.

Aktiwiteit 2

Om te onderskei tussen gebruiksartikels en dienste [lu 1.1]

(e) Groepwerk : Bestudeer die skets op die volgende bladsy en maak ‘n lys van alle dienste en gebruiksartikels wat aan die kliënt gelewer word.

Dienste Gebruiksartikels

Assessering

Leeruitkoms 1: die ekonomiese kringloop

Die leerder is in staat om kennis en begrip van die ekonomiese kringloop binne die konteks van “die ekonomiese probleem” te toon.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

  • die rol van lede van huishoudings beskryf as verbruikers en produsente in die proses van “behoeftebevrediging”.

Memorandum

Bladsy 1

(a) en (b) ‘n Kort oorsig oor die rede waarom ‘n betaalmiddel noodsaaklik geword het en hoe geld as betaalmiddel ontstaan het.

Bladsy 1

(c) Toets leerders se kennis van Suid-Afrikaanse geld.

Bladsy 2

(d) Kort oorsig oor die bron van inkomste, asook ‘n verwysing na diegene wat geen inkomste het nie.

Bladsy 3

(e) Noodsaaklike behoeftes klassifiseer as gebruiksartikels of dienste.

Questions & Answers

how does Neisseria cause meningitis
Nyibol Reply
what is microbiologist
Muhammad Reply
what is errata
Muhammad
is the branch of biology that deals with the study of microorganisms.
Ntefuni Reply
What is microbiology
Mercy Reply
studies of microbes
Louisiaste
when we takee the specimen which lumbar,spin,
Ziyad Reply
How bacteria create energy to survive?
Muhamad Reply
Bacteria doesn't produce energy they are dependent upon their substrate in case of lack of nutrients they are able to make spores which helps them to sustain in harsh environments
_Adnan
But not all bacteria make spores, l mean Eukaryotic cells have Mitochondria which acts as powerhouse for them, since bacteria don't have it, what is the substitution for it?
Muhamad
they make spores
Louisiaste
what is sporadic nd endemic, epidemic
Aminu Reply
the significance of food webs for disease transmission
Abreham
food webs brings about an infection as an individual depends on number of diseased foods or carriers dully.
Mark
explain assimilatory nitrate reduction
Esinniobiwa Reply
Assimilatory nitrate reduction is a process that occurs in some microorganisms, such as bacteria and archaea, in which nitrate (NO3-) is reduced to nitrite (NO2-), and then further reduced to ammonia (NH3).
Elkana
This process is called assimilatory nitrate reduction because the nitrogen that is produced is incorporated in the cells of microorganisms where it can be used in the synthesis of amino acids and other nitrogen products
Elkana
Examples of thermophilic organisms
Shu Reply
Give Examples of thermophilic organisms
Shu
advantages of normal Flora to the host
Micheal Reply
Prevent foreign microbes to the host
Abubakar
they provide healthier benefits to their hosts
ayesha
They are friends to host only when Host immune system is strong and become enemies when the host immune system is weakened . very bad relationship!
Mark
what is cell
faisal Reply
cell is the smallest unit of life
Fauziya
cell is the smallest unit of life
Akanni
ok
Innocent
cell is the structural and functional unit of life
Hasan
is the fundamental units of Life
Musa
what are emergency diseases
Micheal Reply
There are nothing like emergency disease but there are some common medical emergency which can occur simultaneously like Bleeding,heart attack,Breathing difficulties,severe pain heart stock.Hope you will get my point .Have a nice day ❣️
_Adnan
define infection ,prevention and control
Innocent
I think infection prevention and control is the avoidance of all things we do that gives out break of infections and promotion of health practices that promote life
Lubega
Heyy Lubega hussein where are u from?
_Adnan
en français
Adama
which site have a normal flora
ESTHER Reply
Many sites of the body have it Skin Nasal cavity Oral cavity Gastro intestinal tract
Safaa
skin
Asiina
skin,Oral,Nasal,GIt
Sadik
How can Commensal can Bacteria change into pathogen?
Sadik
How can Commensal Bacteria change into pathogen?
Sadik
all
Tesfaye
by fussion
Asiina
what are the advantages of normal Flora to the host
Micheal
what are the ways of control and prevention of nosocomial infection in the hospital
Micheal
what is inflammation
Shelly Reply
part of a tissue or an organ being wounded or bruised.
Wilfred
what term is used to name and classify microorganisms?
Micheal Reply
Binomial nomenclature
adeolu
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 4. OpenStax CNX. Sep 17, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11085/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask