<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Kuns en kultuur

Graad 8

Kritiese en kreatiewe refleksie

Module 9

Dans met die fokus op gestremdes

DANS

Aktiwiteit 1:

Om danse te bespreek met die fokus op gestremdes en dans

[lu 2.4]

Dink terug en probeer onthou toe jy hierdie aktiwiteit verlede kwartaal gedoen het. Beantwoord die volgende vrae:

1. Hoe het jy gevoel toe jy geblinddoek was en moes beweeg sonder om te kon sien?

  1. Hoe het jy gevoel toe jy nie die musiek kon hoor nie?
  1. Hoe het jy gevoel toe jy nie jou bene kon beweeg nie?
  1. Was die bewegings maklik of moeilik om uit te voer? Waarom?
  1. Watter deel van die aktiwiteit het jy die meeste geniet? Waarom?
  1. Van watter deel van die aktiwiteit het jy die minste gehou? Waarom?
  1. Verduidelik hoe die gestremdheid jou uitvoering van die volgende vyf basiese liggaamsaktiwiteite beperk het:

Beweging:

Draaie:

Elevasie:

Gebare:

Gewigsverskuiwing:

  1. Hoe het die gestremdheid jou gebruik van ruimte en vloerpatrone beïnvloed?

Blindheid:

Doofheid:

Paraplegies:

Aktiwiteit 2:

Om danse in eie sosiale en kulturele kontekste te bespreek: strictly ballroom

[lu 2.2, 2.4]

1. Beskouing

Kyk na die video Strictly Ballroom .

Verwys na die verskillende dansstyle soos dit deur die dansers/akteurs gedans word, terwyl na die video gekyk word.

Neem kennis van die volgende aspekte terwyl jy na die danse in die video kyk:

  • kostuums en grimering wat vir die verskillende dansvorms gebruik word;
  • die verskillende dansstyle, dansvorms en tipes dans wat in die video voorkom;
  • die rol van die man in die danse;
  • die rol van die vrou in die danse;
  • die verskillende soorte musiek wat gebruik word vir die verskillende dansvorms;
  • die gebruik van die vyf basiese liggaamsaktiwiteite;
  • die gebruik van ruimte en vloerpatrone.

2. Vraelys

Beantwoord die onderstaande vrae:

  1. Het jy van die danse in die video gehou? Waarom? Waarom nie?
  1. Van watter dansstyl het jy die meeste gehou? Waarom?
  1. Van watter dansstyl het jy die minste gehou? Waarom?
  1. Watter bewegings kan jy die beste onthou?
  1. Sou jy die dansstyl waarvan jy die meeste gehou het, wou aanleer? Waarom? Waarom nie?
  1. Wat is die rol van die man wanneer hy met ‘n vrou dans?
  1. Van watter musiek het jy die meeste gehou? Waarom?
  1. Wat was Scott se probleem gedurende die danskompetisies?
  1. Hoe het Scott se dansstyl verskil van dié van die dansstyl van Fran se familie?
  1. Wat dink jy maak van Fran en Scott goeie dansmaats?

3. Klasbespreking

Beskryf en lewer kommentaar oor die dansinhoud van Strictly Ballroom :

  • aksies
  • kwaliteite
  • ruimtelike en verhoudingsaspekte
  • vorm: motiewe, ontwikkelings, kontraste, hoogtepunte
  • logiese sekwense
  • algemene eenheid
  • die gebruik van musiek
  • kostuums

Bespreek die volgende:

  • die kwaliteite van die uitvoering van die danse;
  • moontlike betekenisse in verhouding tot die danse wat jy gesien het;
  • skakel die volgende aspekte met mekaar:
  • idee
  • tipe danse
  • inhoud
  • vorm
  • styl
  • musiek
  • produksie-elemente
  • historiese/kulturele konteks

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 2
REFLEKSIEDie leerder kan krities en skeppend op kuns- en kultuurprosesse, -produkte en -style in vergange, asook in huidige kontekste reflekteer.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
GESAMENTLIK
2.2 kan bespreek hoe die kunste tot sosiale en kulturele verandering bygedra het en kan bydra (bv. as ‘n spieël, in dokumentasie, as voorstelle, kommentare en voorspellings);
DANS
2.4 danse in eie sosiale, kulturele en historiese kontekste bespreek, met die klem op geslag, gestremdheid en mag;
DRAMA
2.5 menseregte- en omgewingskwessies navors en in kleingroep-rolspel interpreteer;
MUSIEK
2.6 na die gebruik van polifonie in Afrika-musiek luister en demonstreer hoe dit aan deelnemers ruimte in die maak van musiek gegee het;
VISUELE KUNSTE
2.7 identifiseer en verduidelik hoe fotografie, rolprentmakery, beeldhou en afdrukmakery menseregteskendings kan dokumenteer;.
2.8 kommentaar lewer op die samestelling, styl en vakinhoud van kunswerke (bv. landskap, portret, stillewe, publieke kuns of versetkuns) oor tydperke heen

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Kuns en kultuur graad 8. OpenStax CNX. Sep 12, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11045/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Kuns en kultuur graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask