<< Chapter < Page Chapter >> Page >

In die volgende leereenheid oor vulkane sal jy op die kaart sien dat aardbewings en vulkane op dieselfde plekke voorkom.

Aktiwiteit 2:

Om op ‘n wêreldkaart die areas aan te dui waar aardbewings voorkom

[lu 2.1]

  • Teken die wêreldkaart af en dui op jou kaart slegs die areas aan waar aardbewings voorkom. Kleur dit dan rooi in.

2. Die uitwerking (gevolge) van aardbewings op mense se lewens en hul sosio-ekonomiese aktiwiteite

Lees die meegaande tydskrifartikel sorgvuldig deur.

Jy loop so ewe rustig in ‘n straat in jou stad of dorp en skielik begin die grond om jou golf soos ‘n dam waarin ‘n klip gegooi is.

‘n Vreeslike dreuning, byna soos ‘n weeklaag, styg van die aarde uit op. Om jou tuimel die geboue soos kaarthuise inmekaar, en voor jou bars die teerstrate oop soos lang repe sagte, geskeurde karton.

Spoorlyne buig en skeur, brûe stort ineen, damwalle breek. Mense en motors val in die grootste skeure. Dit gaan weer toe, en hulle verdwyn vir altyd. Oral stort bakstene, betonblokke, balke en pilare neer op mense, wat heen en weer skarrel en skuilplek soek wat daar nie is nie.

Brande breek uit omdat elektriese kabels en gaspype afgebreek word. Water stroom uit gebarste pype. Vensters se ruite het verbrokkel tot vlymskerp skerwe tussen die rommel om die ellende nog erger te maak. Alleraakligste natuurramp! Verskrikking soos die mens hom van die vroegste tye af ken. ‘n Aardbewing!

Huisgenoot, Jongspan , 21 Mei 1987.

‘n Aardbewing soos dié is ‘n baie ernstige ramp, maar gelukkig is almal nie so intens nie. Daar is omtrent elke 30 sekondes ‘n trilling in die aardkors, maar slegs 500 per jaar word regtig gevoel. Gelukkig is dit slegs ‘n paar wat af en toe baie skade aanrig en duisende lewens eis.

Aktiwiteit 3:

Om die gevolge van aardbewings te bespreek

[lu 2.1, 2.2]

1. Lees die tydskrifartikel sorgvuldig deur. Bespreek in groepe die gevolge wat aardbewings het op:

a) Die mens

b) Die natuur

2. Versamel foto’s, prentjies en uitknipsels van aardbewings. Bring dit na jou klaskamer en hou ‘n bespreking. Vul jou aantekeninge daarmee aan.

3. Lees die volgende paragraaf oor Tsoenami’s. Versamel kaarte, foto’s en ekstra inligting oor die uiters vernietigende tsoenami wat op 26 Desember 2004 in Suid-Asië voorgekom het. Skryf ‘n volledige verslag daaroor.

Tsoenami – nog ‘n gevolg van aardbewings !

As die rotslae op die oseaanvloer skielik beweeg, word die oorliggende seewater ook beïnvloed en ‘n golf ontstaan in die see wat teen 800 km per uur kan beweeg. Sodra die golf die vlakker baaie van kusgebiede nader, dam dit hoër op en kan tussen 30 — 60 meter hoog wees. Dit rig baie ernstige verwoesting aan omdat hawens en dorpe langs die kus oorstroom en verwoes kan word.

3. Hoekom sommige mense ‘n hoër risiko as ander is

As jy kyk na die wêreldkaart (figuur 8 op p. 34) waarop die aardplate aangedui word, sal jy sien dat van die digsbevolkte areas van die wêreld op van hierdie verskuiwingslyne voorkom. Geweldige lewensverlies kan dus voorkom, indien ‘n aardbewing sou voorkom

In ontwikkelde lande soos Europa, die VSA en Japan kan ‘n aardbewing nog redelik hanteer word en verliese kan geminimaliseer word. Geboue, paaie en brûe word spesiaal ontwerp en gebou om aardbewings te kan trotseer. Hierdie lande se infrastruktuur is uiters goed ontwikkel en daar bestaan doeltreffende gesondheidsorg- en mediese dienste wat onmiddellik beskikbaar is in noodtoestande.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Aardrykskunde graad 7. OpenStax CNX. Sep 09, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11020/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Aardrykskunde graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask