<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Nie een van die sakke lyk dieselfde nie. Daarom is dit heeltemal onmoontlik dat jy iemand met net so ‘n sak soos jy sal raakloop. En dit word gewaarborg deur ‘n unieke metaalplaatjie met ‘n ingeponste nommer.

Die Burger – November 2001

Beantwoord nou onderstaande vrae n.a.v. bostaande leesstukke

  1. Hoekom word Antjie Somers, Renault, Clio, Paryse Motorskou en Europese met hoofletters geskryf?
  2. Skryf nou die eiename uit “Sak-freaks kan nou baljaar” hieronder neer. Moenie die eiename herhaal nie. Daar is sewe.
  3. Skryf die name van die week langs mekaar neer met ‘n komma tussen elkeen.
  4. Skryf jou adres hieronder neer.
  5. Hoekom word pa in die eerste sin met ‘n hoofletter geskryf, maar nie in die tweede sin nie?
  1. My ma het aan Pa ‘n Renault Clio present gegee.
  2. My ma het aan my pa ‘n Renault Clio present gegee.
  3. Gebruik nou die woordjie oom op dieselfde wyse.
  4. Skryf ‘n gewilde tydskrif se naam hieronder neer.
  5. Skryf ‘n naam van ‘n boek wat jy onlangs gelees het, hieronder neer.
  6. Kan jy ‘n algemene reël saamstel? Besluit in groepe.

Aktiwiteit 10:

Om die ontkennende vorm gepas te gebruik

[lu 6.2.7]

In die eerste sin van die derde paragraaf van “Gogga maak vir baba bang” by Aktiwiteit 3.5 lees ons die volgende : Dit laat jou juig dat jy lewe . ‘n Mens sou dit ontkennend kan stel, naamlik : Dit laat jou nie juig dat jy lewe nie . Let op die dubbele gebruik van die woordjie nie . Dis eie aan Afrikaans.

  • Skryf twee ontkennende sinne uit die leesstukkie neer.
  • Maak die volgende sinne ontkennend. Mooi dink!
  1. Martli het ‘n vraag gevra.
  2. Sarel is die wenner.
  3. Was jy al ooit oorsee?
  4. Iemand het dit gesê?
  5. Iets het verlore gegaan.

Aktiwiteit 11:

Om die funksie en gebruik van getal, verkleinwoorde en geslag te verstaan

[lu 6.1.10]

  1. Voltooi die volgende kolomme:
ENKELVOUD MEERVOUD VERKLEINWOORD
lys
reekse
prysies
kompetisie
meisies
wekie
bestanddeel bestanddele
modebykomstighede
ou
winkelrak winkelrakkies
sakkie

Dis weer pure parstyd in die Boland

Dis parstyd in die Boland. Op Bloemendal, tussen die Durbanville-heuwels, is Magdaleen (Tottie) Langeveldt en haar parsskêrtjie besig om die sauvignon blanc in die balies te kry.

Sewe jaar reeds volg sy die seisoene van die druif. “Ek het mooi geleer om die wingerd op te bou, die oes af te haal en hoe om te pars.”

Magdaleen is leidster van die gedugte Bloemendal-vrouespan. Hulle veertien vroue is “famous”, sê sy terwyl sy ‘n bietjie regop staan en haar rug kans gee. Haar blinkgevatte skêrtjie hou sy gereed in die hand.

“Baie mense weet van ons. Ons is die voorsnyers hier. Ons sny vinnigter as die mans, ons vingers kry dit net reg.

“En as ons rye uit is, moet ons nog vir hulle gaan help ook!”

Vroue het in baie opsigte die rugsteun in die wynbedryf geword, sê Jackie Coetzee, eienaar/wynmaker van Bloemendal. “Daar is nie net ‘n toename in vroulike wynmakers nie, maar ook in vroulike werkers – soos Magdaleen – in die wingerd.”

Met hul sagter aanslag is hulle veral goed in die oplei van die wingerd, sê Coetzee. “Hulle is werklik ‘n kundige klomp, ek gebruik hulle ook in die spesialiteitsblokke op die plaas.”

Magdaleen sê sy’t met afkyk en mooikyk by die ou hande geleer “wat om met ‘n wingerd te maak”. ‘n Kursus in arbeidsverhoudinge en toesighouding, waarin sy eksamen moes skryf, het haar ‘n verdere hupstoot as spanleier gegee, vertel sy.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 6. OpenStax CNX. Sep 07, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10995/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask