<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Lewensoriëntering

Graad 4

Gesondheid!

Module 3

‘n gesonde omgewing en persoonlike gesondheid

Die verband tussen ‘n gesonde omgewing en persoonlike gesondheid

Wees slim in die son

Ons bly in ‘n land wat bekend is vir sy wonderlike sonskynweer. Die son kan ‘n mens baie goed laat voel en jou liggaam help om gesonde vitamine te vervaardig. Die mens kan ook die warm strale van die son inspan om vrugte, byvoorbeeld perskes, en groente soos tamaties, te droog en sodoende te preserveer. Wetenskaplikes gebruik sonstrale om krag op te wek wat gebruik kan word in plaas van elektrisiteit. Ons noem dit sonenergie.

Die son kan ook skade aanrig. Wanneer mense gereeld in die hitte van die dag (bv. 12:00) op die strand in die son lê en sonbrand, word die vel sodanig beskadig dat ‘n mens later velprobleme, bv. velkanker, kan opdoen. As ‘n mens té strawwe oefening in die warm son doen sonder om water te drink, loop jy die gevaar om te dehidreer (ontwater). Dit beteken dat jou liggaam te veel vog verloor en jy dan naar en siek begin voel. Meeste soorte plante verskroei in die warm son, veral as daar nie genoeg vog in die grond is nie.

Aktiwiteit 1

Om ‘n toeristebrosjure te ontwerp [lu 1.2]

Plak ‘n fotokopie, of die werklike pamflet wat julle groep gemaak het om ‘n vakansie in die sonnige Suid-Afrika te adverteer, in jul modules.

Aktiwiteit 2

Om ‘n lys van “sonveilige” reëls te maak [lu 1.2]

Maak ‘n lys van ten minste vyf goue reëls waarmee toeriste rekening moet hou wanneer hulle gedurende die somer in ons sonnige land vakansie hou.

Assessering

LEERUITKOMS 1: GESONDHEIDSBEVORDERING

Die leerder is in staat om ingeligte besluite oor persoonlike, gemeenskaps-en omgewingsgesondheid te neem.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder

1. 2 verslag en ondersoek doen oor die verhouding tussen ‘n gesonde omgewing en persoonlike gesondheid.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Lewensorientering graad 4. OpenStax CNX. Sep 18, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11095/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Lewensorientering graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask