<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Ekonomiese en bestuurswetenskappe

Graad 7

Telekommunikasiedienste

Module 17

Inkopies op die internet

Nadat jy die artikel oor iPods gelees het, het jy besluit dat dit net die ding is om te hê. Maar nou is die probleem egter dat daar nie ‘n winkel op die dorp is wat iPods verkoop nie. Die enigste uitweg is om op die Internet inkopies te gaan doen.

Jou baie ingeligte vriend beveel aan dat jy op kalahari.net se webblad ingaan want hulle verkoop nie net boeke nie, maar ook DVD’s en video’s, musiek en elektronika en kameras.

Musiek uit die broeksak

Die iPod is nie sommer enige draagbare musiekspeler nie; dit het ontwikkel tot ‘n simbool van die moderne tyd. Dit het ‘n modebykomstigheid van kinders van alle ouderdomme geword waaraan hulle geloofwaardigheid gemeet word.

Die verkope van hierdie digitale oogappel het alle verwagtinge oortref. Tussen Julie en September 2004 het daar wêreldwyd twee miljoen stuks oor die toonbank verkoop. Teen Kersfees sou die verkope tien miljoen beloop. Die iPod word in voorkoms, binne en buite, as cool as hell beskou.

Die iPod Photo het plek vir 15 000 liedjies op sy hardeskyf van 60 gigabyte en bied jou bowendien die moontlikheid om digitale foto’s op te roep.

Die iPod mini is presies wat sy naam suggereer: kleiner, ligter en dunner as sy grootbroer, maar ook minder kragtig. Sy battery moet gouer herlaai word, en daar is plek vir slegs 1 000 liedjies op die hardeskyf van 4 gigabyte.

Ander maatskappye het intussen vir Apple, wat die iPod ontwikkel het, nagevolg en met hul eie modelle vorendag gekom. Dell het die Digital Jukebox op die mark gebring, Philips die HDD en Packard Bell Pocket M@estro . Laasgenoemde is beswaarlik groter as ‘n kredietkaart met ‘n hardeskyf van 5 gigabyte en ‘n ingeboude FM radiosender en ‘n diktafoon op die koop toe.

Philips se HDD120 het egter die stryd verloor omdat sy model stadig en lomp is in die hantering daarvan en vergesel word van waardelose oorfone. Boonop is dit baie duurder.

Die internetwinkel, iTunes Music Store verkoop meer as vier miljoen liedjies per week wat die voorlopige totaal in die buurt van 200 miljoen bring. Indrukwekkend, al is die syfer nie veelseggend in vergelyking met die 150 miljard liedjies wat in die vorige jaar onwettig afgelaai is via filesharing dienste soos Kazaa, Grokster en eDonkey nie. Die resultate van iTunes Music Store is egter ‘n goeie teken, want dit dui daarop dat verbruikers wel deeglik bereid is om vir musiek te betaal. Kliënte betaal ongeveer R10,00 per liedjie, en beskou dit blykbaar as ‘n billike prys.

Uit: Knack , 24 November 2004

Aktiwiteit 1:

Om inkopies op die internet te doen

[LU 3.4]

Stap 1:

Tik die web-adres in.

Stap 2:

As die tuisblad op die rekenaarskerm verskyn, klik jy op Electronics and Cameras .

Stap 3:

In die teksraam Audiovisual Bestsellers klik jy op 2. Apple iPod Video 30 GV3 – white.

Stap 4:

Die inligting oor die iPod verskyn op die skerm.

Stap 5:

Klik op Add to basket .

Klik op Create Profile .

Die bestelvorm verskyn op die skerm.

KJy het ‘n brosjure in die pos van ‘n groot winkelgroep wat elektroniese ware verkoop, ontvang.

  • Hoe vergelyk die prys met die Internet se prys?
  • Wat nou gemaak?

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 3
BESTUURS-, VERBRUIKERS- EN FINANSI Ë LE KENNIS EN VAARDIGHEDE Die leerder is in staat om kennis en die vermoë te toon om verskeie bestuurs-, verbruikers- en finansiële vaardighede toe te pas.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
3.3 die belangrikheid van administrasie in die bestuur van ‘n sakeonderneming bespreek;
3.4 die gebruik van tegnologie in telekommunikasiedienste (bv. selfone) en finansiële transaksies (bv. OTM, internet) in die verbetering van administrasie, kommunikasie en toegang tot inligting bespreek.

Memorandum

Inkopies op die Internet

  • Die doel van hierdie leereenheid is om kennis te maak met die snel toenemende verskynsel van e-handel of e-inkopies op die Internet.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 7. OpenStax CNX. Sep 09, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11024/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask