<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Sosiale wetenskappe: aardrykskunde

Graad 9

Ontwikkelingsvraagstukke

Module 3

Benadering tot ontwikkeling in die rsa

1. Benadering tot ontwikkeling in die RSA

Kaart van RSA met ou tbvc -lande

Eerste stap: Ontwikkelingstreke

As ons oor ontwikkeling wil gesels, kry ons eers weer ‘n geheelbeeld van die landkaart. Waar sou jy die meeste en minste ontwikkeling verwag, en waarom? Het jy al hoogs ontwikkelde sowel as totaal onontwikkelde gebiede besoek? Vertel of skryf iets hieroor, en vergelyk julle ervarings.

Nou kan ons die land verdeel in breë ONTWIKKELINGSTREKE of streke waar daar reeds ‘n groot mate van ontwikkeling voorkom, en wat die vroeëre TBVC-lande insluit (vind uit wat laasgenoemde beteken) en in ‘n groot mate ooreenstem met huidige nege provinsies , nl.

[Huidige name]

  1. Wes-Kaapland (tans Wes-Kaap en dele van Noord-Kaap) [Wes-Kaap]
  2. Noord-Kaap (dele van Wes-Transvaal en Bophuthatswana) [Noord-Kaap]
  3. Oranje-Vrystaat (Qwaqwa en Bophuthatswana) [Vrystaat]
  4. Oos-Kaapland (Ciskei/Transkei) [Oos-Kaap]
  5. Natal/Kwazulu/Transkei [Kwazulu-Natal]
  6. Oos-Transvaal (KaNgwane/Lebowa/Gazankulu) [Mpumalanga]
  7. Noord-Transvaal (Venda/Lebowa) [Noordelike Provinsie]
  8. PWV (Bophuthatswana/KwaNdebele) [Gauteng]

Veral streke 4, 5 en 7 het die GROOTSTE BEHOEFTE gehad aan ontwikkeling, omdat daar nog soveel werkloosheid geheers het. Om te kan ontwikkel, moes werksgeleenthede geskep en mense in diens geneem word sodat hulle in die lewe kon vorder en geld verdien om noodsaaklike lewensmiddele te bekom. (Wat is na jou mening nodig om werksgeleenthede te skep? Waarom deel die regering nie liewer geld uit aan die armes nie? Jy moet ‘n sinvolle antwoord hierop kan gee om te kan deel hê aan die beplanning vir die toekoms).

Kaart van RSA met ontwikkelingskerne

Tweede stap: Ontwikkeling van gebiede/dorpe

Nou beweeg ons nader aan spesifieke middelpunte van ontwikkeling wat reeds bestaan.

Dit is belangrik om hierdie gebiede te ken, ook omdat die ontwikkeling ‘n invloed het op die lewenswyse en lewenskwaliteit van die mense in daardie omgewings (Gee voorbeelde, en vra jouself af of dit saak maak).

Doen nou navorsing oor ontwikkeling en bedrywighede in gebiede/dorpe wat as kerne van ‘n bepaalde streek beskou word. Sluit die volgende in:

  1. Groot stedelike gebiede, bv. vier hoofnywerheidstreke. Besluit eers watter gebiede jy wil bestudeer, en waarom. Kry dan inligting oor die ligging, geskiedenis, klimaat, natuurlike hulpbronne, nywerhede, boerdery, sakebedrywighede, toerisme en sosiale ontwikkeling of dienste (opvoedingsinrigtings, hospitale, organisasies, sport en ander aktiwiteite) in hierdie gebiede. Hoe herken mens sulke ontwikkelde landskappe? Watter soort leefwyse geniet mense daar, en wat ken hulle glad nie? Waarom? Verkies jy om in ‘n stedelike en ontwikkelde gebied te woon? Waarom?
  2. Dekonsentrasiepunte, bv. Atlantis (Kaapstad); Imbali (Durban); Babelegi (Noord van Pretoria). “Dekonsentrasie” beteken dat die middelpunt van aktiwiteite verder uitkring na buite, sodat die kern van ontwikkeling nie meer slegs in die stedelike areas gekonsentreer bly nie. “Konsentreer” beteken dus om te versamel om een punt, en “dekonsentreer” beteken om uit te sprei vanaf een punt. In die taalkunde noem ons dit “teenoorgesteldes”. Jy moet weet hoe om dit in die Aardrykskunde toe te pas. (Dink na oor watter vorme van “teenoorgesteldes” of “kontraste” nog in lande of landstreke voorkom. Dalk wil jy ‘n gedig daaroor skryf of dit in ‘n kunswerk illustreer. Dit kan selfs as ‘n mondeling- of opstelonderwerp in enige van die landstale benut word).
  3. Bespreek nou die groot sentrale nywerheidsontwikkelingspunte, bv. George; Vredenburg-Saldanha; Mafikeng; Queenstown; Richardsbaai; ens.
  4. Gaan na watter ander nywerheidspunte potensiaal het, maar nog nie so ver ontwikkeld is nie. Wat beskou jy as die moontlikhede of potensiaal van hierdie areas? Watter soort hulp sou help om hierdie gebiede verder te ontwikkel? Dink aan dinge soos, goedkoper spoorvervoer, laer elektrisiteitskostes, behuising, geldelike hulp, inisiatief van entrepreneurs, ens.

Derde stap: Ontwikkelingsprogramme

Maak ‘n studie van SNOP – die Streeknywerheids-ontwikkelingsprogram van 1991.

Doelwitte van SNOP :

  • Meer en wyer streeksontwikkeling word beoog om ‘n groter area sowel as ‘n groter deel van die bevolking te bevoordeel.
  • Beweeg selfs weg van desentraliseringspunte – ontwikkel die hele streek sodat almal betrokke raak en die vrugte van ontwikkeling kan pluk.
  • Verskaf verskillende soorte hulp vir ontwikkelinge soos in Stap 2 genoem.
  • Stel programme soos die HOP-program in om werkverskaffing, indiensneming en die armoede-probleem aan te spreek (Wat is die HOP-program? Watter sulke inisiatiewe bestaan in jou streek? Die stadsraad behoort daarvan te weet, of jou op die spoor te bring van mense wat kennis dra). Wat is jou mening oor so ‘n program? Kan jy ander soortgelyke ontwikkelingsplanne voorstel? Wat behoort voorkeur te kry in jou streek?

Aktiwiteit 1:

Om inligting op ‘n kaart aan te bring en sodoende sekere afleidings te maak

[lu 1.3]

a) Teken nou die nuwe kaart van Suid-Afrika met die nuwe provinsies hieronder op kalkeerpapier en plaas dit bo-oor die kaart op p. 8. (Die buitelyn van elke kaart moet presies dieselfde grootte wees.)

b) Vergelyk nou die twee ten opsigte van:

  • die grootte van grondgebiede;
  • afstand vanaf die groot stedelike gebiede;

c) Maak jou eie afleidings oor die sukses/mislukking van die modelle.

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 1
AARDRYKSKUNDIGE ONDERSOEK Die leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om aardrykskundige en omgewingsbegrippe en –prosesse te ondersoek.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.3 gevolgtrekkings oor inligting uit bronne soos foto’s, kaarte, atlasse, grafieke en statistiek ontleed en maak [werk met bronne];

Memorandum

AKTIWITEIT 1:

d) - Navorsingsdoeleindes

- Behoud van verskillende spesies

- Bewaring vir die nageslag

- Etiese- sowel as estetiese redes.

Questions & Answers

a perfect square v²+2v+_
Dearan Reply
kkk nice
Abdirahman Reply
algebra 2 Inequalities:If equation 2 = 0 it is an open set?
Kim Reply
or infinite solutions?
Kim
y=10×
Embra Reply
if |A| not equal to 0 and order of A is n prove that adj (adj A = |A|
Nancy Reply
rolling four fair dice and getting an even number an all four dice
ramon Reply
Kristine 2*2*2=8
Bridget Reply
Differences Between Laspeyres and Paasche Indices
Emedobi Reply
No. 7x -4y is simplified from 4x + (3y + 3x) -7y
Mary Reply
is it 3×y ?
Joan Reply
J, combine like terms 7x-4y
Bridget Reply
im not good at math so would this help me
Rachael Reply
how did I we'll learn this
Noor Reply
f(x)= 2|x+5| find f(-6)
Prince Reply
f(n)= 2n + 1
Samantha Reply
Need to simplify the expresin. 3/7 (x+y)-1/7 (x-1)=
Crystal Reply
. After 3 months on a diet, Lisa had lost 12% of her original weight. She lost 21 pounds. What was Lisa's original weight?
Chris Reply
preparation of nanomaterial
Victor Reply
Yes, Nanotechnology has a very fast field of applications and their is always something new to do with it...
Himanshu Reply
can nanotechnology change the direction of the face of the world
Prasenjit Reply
At high concentrations (>0.01 M), the relation between absorptivity coefficient and absorbance is no longer linear. This is due to the electrostatic interactions between the quantum dots in close proximity. If the concentration of the solution is high, another effect that is seen is the scattering of light from the large number of quantum dots. This assumption only works at low concentrations of the analyte. Presence of stray light.
Ali Reply
the Beer law works very well for dilute solutions but fails for very high concentrations. why?
bamidele Reply
how did you get the value of 2000N.What calculations are needed to arrive at it
Smarajit Reply
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
QuizOver.com Reply

Get the best Algebra and trigonometry course in your pocket!





Source:  OpenStax, Aardrykskunde graad 9. OpenStax CNX. Sep 14, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11054/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Aardrykskunde graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask