<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Aktiwiteit 2

Om verskillende tydvorme reg te gebruik [LU 6.2.3]

Aksiewoorde

Bennie moes sy tas self uitpak en sy kosbakkie uithaal .

Die klasmaats moes Bennie se boeke oortrek .

Juffrou wil vir Emile uitkies en vra dat hy na Bennie moet omsien.

Al die vetgedrukte woorde dui ‘n aksie aan en die woorde bestaan uit twee dele.

Hierdie aksiewoorde word geskei as dit in die teenwoordige tyd (vandag) gebruik word.

Bennie pak sy tas self uit en haal sy kosbakkie uit .

Die klasmaats trek Bennie se boeke oor .

Juffrou kies vir Emile uit en hy sien na Bennie om .

Hierdie aksiewoorde word weer saamgevoeg as hulle in die verlede tyd(gister) gebruik word.

Die woorddeel ge- word tussenin gevoeg en ons gebruik die woord het om verlede tyd aan te dui.

Bennie het sy tas self uitgepak en sy kosbakkie uitgehaal .

Die klasmaats het Bennie se boeke oorgetrek .

Juffrou het vir Emile uitgekies en hy het na Bennie omgesien .

(a) Werk in groepe en neem beurte om die volgende sinne mondelings te voltooi soos die voorbeeld aandui.

Juffrou sê dat ons die bladsy moet omblaai .

Vandag blaai ons die bladsy om.

Gister het ons die bladsy omgeblaai .

Juffrou sê dat ons die papier moet optel .

Vandag …………

Gister ………….

Juffrou sê dat ons ‘n gedig moet voordra .

Vandag ………….

Gister …………….

Juffrou sê dat ons die werk korrek moet afskryf .

Vandag ……………….

Gister ………………

Juffrou sê dat ons ons boeke moet wegpak .

Vandag ………

Gister …………

Juffrou sê dat ons ons werk moet oorlees .

Vandag ………….

Gister …………..

(b) Skryf die volgende sinne oor deur die korrekte vorm van die aksiewoorde te gebruik.

(i) Een van die leerders staan voor in die klas en (voorlees) uit ‘n boek en die klasmaats (oplet) terwyl hy lees.

.....................................................................................................

.....................................................................................................

(ii) Gister het ek in die klas (instap) en die lig (afskakel).

......................................................................................................

......................................................................................................

Assessering

Leeruitkoms 3: lees en kyk

Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

3.6 naslaanwerke gebruik en woordeskat ontwikkel:

3.6.2 ‘n leeswoordeskat van ongeveer 1 000 tot 2 500 alledaagse woorde demonstreer.

Leeruitkoms 4: skryf

Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

4.5 ontwikkelende kennis gebruik van taalstruktuur en – gebruik:

4.5.3 begin om ‘n groter verskeidenheid leestekens te gebruik.

Memorandum

Aktiwiteit 1

(a) Bennie gaan langs Emile sit.

(b) Die kinders help om Bennie se skryfboeke en handboeke oor te trek.

(c) Emile dink dat Bennie goed in sport behoort te wees, omdat hy lank is en sterk gebou is.

(d) Emile moet vir Bennie help om gelukkig in die skool te wees.

(e) Bennie lyk soos een van hulle, omdat hy reeds sy skoolklere aan het.

Aktiwiteit 2

(a) Vandag tel ons die papier op.

  • Gister het ons die papier opgetel.
  • Vandag dra ons die gedig voor.
  • Gister het ons die gedig voorgedra.
  • Vandag skryf ons die werk korrek af.
  • Gister het ons die werk korrek afgeskryf.
  • Vandag pak ons ons boeke weg.
  • Gister het ons ons boeke weggepak.
  • Vandag lees ons ons werk oor.
  • Gister het ons ons werk oorgelees.

(b) (i) Een van die leerders staan voor in die klas en lees voor

uit ‘n boek en die klasmaats moet oplet terwyl hy lees.

(ii) Gister het ek in die klas ingestap en die lig afgeskakel.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 4. OpenStax CNX. Oct 21, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11082/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask