<< Chapter < Page Chapter >> Page >

.....................................................................................................

.....................................................................................................

(1)

  1. Wat dink jy sou met ons gebeur het as die aarde nader aan die son was? Gee 'n rede vir jou antwoord.

.....................................................................................................

.....................................................................................................

.....................................................................................................

.....................................................................................................

(2)

  1. Hoeveel jaar sal dit vir die aarde neem om twee maal om die son te wentel?

.....................................................................................................

.....................................................................................................

(1)

  1. Omkring die regte antwoord.

Daar is ( 8 ; 9 ; 10 ) planete wat om die son wentel.

(1)

  1. Hoekom word Jupiter met 'n hoofletter geskryf?

................................................................................................................

................................................................................................................

(1)

  1. Watter woord sê vir ons dat daar mense aan boord van die ruimtetuig was?

...............................................................................................................

...............................................................................................................

(1)

  1. Wat is die betekenis van die woord lanseer ?

................................................................................................................

................................................................................................................

(1)

  1. Waarom sal Neil Armstrong vir altyd 'n beroemde man wees?

................................................................................................................

................................................................................................................

................................................................................................................

(2)

Totaal: 10

Aktiwiteit 3

Om hoofletters en punktuasie korrek te gebruik [LU 6.2.10]

“ai, ek wens ek kon hierdie paragraaf verstaan!”“dink jy nie dit sou meer sin maak as jy die regte hoofletters en leestekens invul nie?”“kom, probeer,” sê my vriendelike onderwyser.

  1. dit was ‘n geskiedkundige gebeurtenis toe die amerikaners hul eerste, bemande ruimtetuig maan toe lanseer het sy naam was die apollo II. Op 21 julie 1969 het die heel eerste mens, neil armstrong, sy eerste treë op die maan gegee. Ai sal ek ook eendag so-iets kan doen vra theuns smit. Hoekom nie vra sy ma. ‘n suid-afrikaner, Mark Shuttleworth, wat in durbanville naby kaapstad woon, is juis nou besig om hom vir sy eerste ruimtereis voor te berei.

(20 x ½ = 10)

Assessering

LEERUITKOMS 1: LUISTER Die leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ‘n wye verskeidenheid situasies te reageer.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

1.2 die sentrale idee en spesifieke besonderhede van die teks bespreek en dit in verband bring met eie ervaring.

Leeruitkoms 3: lees en kyk

Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

3.1 ‘n verskeidenheid fiksie- en nie-fiksie-tekste vir verskillende doeleindes lees (soos gedigte, stories, mites, brosjures, naslaanboeke en handboeke):

  • onafhanklik lees deur ‘n verskeidenheid lees- en begripstrategieë gepas vir verskillende doeleindes te gebruik.
  • vir spesifieke besonderhede soeklees;
  • voorspellings maak deur kontekstuele leidrade te gebruik om betekenis vas te stel en afleidings maak.

Leeruitkoms 6: taalstruktuur en –gebruik

Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

6.2 met sinne werk:

  • hoofletters en punktuasie korrek gebruik: punt, komma, vraagteken, uitroep, aanhalingstekens.

Memorandum

EK WENS EK…

Aktiwiteit 1

1.1 geneesheer

1.2 slim wees

1.3 onderwyser (leerkrag)

1.4 leeu

1.5 seun

Aktiwiteit 2

(a) (i) Om na die sterre te kyk.

(ii) Dit sou baie warm wees; ons sou seer brand; plante verskroei.

(iii) 2 jaar

(b) 9

(c) Dit is ‘n eie naam / naam van ‘n planeet.

(d) bemande

(e) Om in die lug opgeskiet te word.

(f) Hy was die eerste mens wat op die oppervlakte van die maan geloop het.

Aktiwiteit 3

Dit was ‘n geskiedkundige gebeurtenis toe die Amerikaners hul eerste bemande ruimtetuig maan toe lanseer het. Sy naam was die Apollo II. Op 21 Julie 1969 het die heel eerste mens, Niel Armstrong, sy eerste tree op die maan gegee. “Ai, sal ek ook eendag so-iets kan doen?” vra Theuns Smit.

“Hoekom nie?” vra sy ma. ‘n Suid-Afrikaner, Mark Shuttleworth, wat in Durbanville, naby Kaapstad woon, is juis nou besig om hom vir sy eerste ruimtereis voor te berei.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 4. OpenStax CNX. Sep 17, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11081/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask