<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans huistaal

Graad 8

Module 6

Verkryging van inligting uit ‘n wye verskeidenheid bronne

Aktiwiteit 1

Om inligting uit ’n wye verskeidenheid bronne te vind en verkry

  • Vorm ’n groepie van nie meer nie as vyf leerders. Beplan ’n navorsingprojek oor een van die volgende onderwerpe:
  • Die herwinning en kreatiewe gebruik van afvalmateriaal om die lewenspeil van voorheen benadeelde gemeenskappe te verhoog
  • Kulturele toerisme waar die klem val op die benutting van eenvoudige materiaal uit die omgewing (bv. die maak van kleipotte, rietmandjies, ens.)
  • Elke groeplid het ’n spesifieke rol om te vervul en moet sy/haar deel bydra t.o.v. die insameling van inligting uit verskeie bronne. Skryf jou voorlopige aantekeninge op ’n aparte vel neer en voeg dit hierby in.
  • Skep nou as groep ’n samehangende produk. Onthou om gepaste verwysingstegnieke en -konvensies te gebruik wanneer inligting uit bronne aangehaal of gebruik word. Jou onderwyser sal hier leiding gee.
  • Illustreer jul projek sodat dit ’n aantreklike uitstalstuk en waardevolle bron in jul klaskamer sal wees.
LU 5.2 LU 5.3

Aktiwiteit 2

Om idees, feite en menings oor uitdagende onderwerpe duidelik en akkuraat oor te dra, om basiese praatvaardighede te toon en om idees en gevoelens op ’n kreatiewe en doeltreffende wyse oor te dra

Teks a

Suid-Afrika se unieke blikkitare nou wêreldwyd gewild (aangepas uit Die Burger )

Elf maande gelede het die bekende jazz­musikant Jimmy Dludlu die ramkie die eerste keer in die Waterfront gesien. Hy het dit opgetel, gespeel en wou onmiddellik self een hê. Nou, ses maande ná die geboorte van Afri-Can, word die tradisie van egte Afrikamusiek voortgesit en die elektriese blikkitaar selfs na Amerika en Kanada uitgevoer.

David Kramer was erg bekommerd toe sý instrument een jaar by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees op Oudtshoorn ’n paar uur soek was. Die ramkie was immers deel van sy aanbieding van Karoo Kitaar Blues. Danksy ’n oplettende sekerheidswag is die kitaar met sy bierdoppies vir knoppies buite die Burgersentrum opgetel en kon die vertonings voortgaan. Kramer was ’n tevrede man.

Valiant Swart kan nie uitgepraat raak oor sy Blikkies nie. “My BP Super Turps met Windhoek-bierdoppies (vir klank) gaan oral saam met my.”

Volgens mnr. Graeme Wells van Afri-Can in Bellville stroom bestellings vir dié eg Suid-Afrikaanse produk in. “Veral buitelanders is gek daarna. Dis ’n tradisie wat al die laaste honderd jaar gewild is onder veral die swart bevolking. Die blikkitaar het ’n unieke klank, van akoesties-elektries tot staalsnaar-elektries.”

Wells het gesê die ramkies word gemaak om in elkeen se individuele smaak te val. “Kramer wou ’n blik hê met ’n erg gebruikte voorkoms, en Dozi het een met die Suid-Afrikaanse vlag daarop.”

Klante kan ook hulle eie blikke verskaf. Die prys van die eindproduk wissel tussen R899 en R3 500.

Besoek ook die webwerf www.africanguitars .com

  • Lees deur die leesstuk. Kies ’n maat en voer die volgende opdragte saam met hom/haar uit:

1. Bespreek die kenmerke van blikkitare soos in die leesstuk aangebied. Bespreek ook hoe ’n blikkitaar van ’n gewone kitaar verskil.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 8. OpenStax CNX. Sep 11, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11037/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask