<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans huistaal

Vakansie-jolyt

Opvoeders afdeling

Memorandum

Inleiding

Die ICS modules in Graad 3 moedig leerders aan om wyd te lees, fiksie sowel as nie-fiksie. Daar word baie geleenthede geskep vir leerders om te skryf, woordeskat uit te bou en taal te gebruik. Hierdie vaardighede word onderskryf deur tegnieke en strategieë om bewus te raak van klanke. Woordherkenning en begripsvaardighede word geoefen en nuwe klanke word sistematies aangeleer.

Die leeruitkomstes vir Graad 3 word doeltreffend geïntegreer sodat leerders kan skryf oor dit wat hulle gehoor het, bespreek het en gelees het. Die onderwerpe wat vir die modules gekies is, sal vir die leerders in Graad 3 interessant wees aangesien dit in hulle ervaringsveld val. Ander leerareas soos Wiskunde en Lewensoriëntering word ook dikwels geïntegreer.

Alle aspekte van geletterdheid soos in die leeruitkomstes en assesseringstandaarde vir Graad 3 uiteengesit word is vervat in die 8 modules . Met die vaslegging, konsoldering en toepassing hiervan asook die kritieke en ontwikkelingsuitkomstes sal leerders in staat wees om in hulle huistaal te kan dink en redeneer.

Tydskedule

Daar word voorgestel dat plus-minus twee modules per kwartaal voltooi word. Alle leerders behoort al agt modules deur te werk sodat hulle die nodige onderrig in skrifgeletterdheid en klanke kan ontvang.

  • LUISTER, PRAAT, LEES EN SKRYF

Die gedig en storie vertel van avonture by die see gedurende die vakansie.

Alhoewel hierdie module 38 bladsye bevat, moet die opvoeder onthou dat plus-minus drie bladsye per dag gedoen kan word bv. een lees en een klankaktiwiteit. Hou die volgorde van die bladsye dieselfde.

  • SKRIF

Hoofletters en punte word vasgelê, vraagtekens word behandel en teenoorgesteldes word geleer.

Daar word begin met lopende skrif en die kleinletters word hersien.

  • KLANKE EN WOORDBOU

Toekie die Towernaar hersien die volgende klanke; aa, ee, oe, ui, ei en y asook aai, ooi, oei en eeu en woordbou word gedoen met fl, vl, kl, sl, pl, gl en fr, gr, kr, tr, pr, vr, sn, kn.

Leerders afdeling

Inhoud

  • Lees die storie...

Konsternasie op die strand - deel 1

Dit is so warm! Die son bak neer op die wit strand.

Daar's baie besoekers vandag op die strand. Die meeste baljaar in die water. Dit is die enigste manier om koel te bly.

Op die sand soek almal na 'n bietjie skaduwee onder die sonsambrele.

Ja, 'n heerlike somersdag - nie 'n windjie wat waai nie - nie 'n wolk in die lug nie.

Mamma haal haar strandhoed af. “Waar is Dirkie?" vra sy bekommerd.

“Hy het nou net hier gesit en sandkastele bou."

“Ek weet nie," sê Pappa en spring op, nog lomerig na sy slapie in die koelte van die sonsambreel.

“Ek sal gou in die vlak water gaan kyk," en hy hardloop af strand toe.

Dirkie is maar twee. Hy kan vinnig op sy kort sterk beentjies beweeg. Hy speel altyd naby sy ouers en hulle maak gewoonlik seker dat hy nie wegdwaal nie.

(word vervolg)

LU 3.3.1
  • Beantwoord die volgende vrae.
  • Bespreek dit eers in klein groepies en skryf dan jou eie antwoord.

1. Kyk na die titel van die storie. Wat kan jy daarvan aflei?

Questions & Answers

a perfect square v²+2v+_
Dearan Reply
kkk nice
Abdirahman Reply
algebra 2 Inequalities:If equation 2 = 0 it is an open set?
Kim Reply
or infinite solutions?
Kim
y=10×
Embra Reply
if |A| not equal to 0 and order of A is n prove that adj (adj A = |A|
Nancy Reply
rolling four fair dice and getting an even number an all four dice
ramon Reply
Kristine 2*2*2=8
Bridget Reply
Differences Between Laspeyres and Paasche Indices
Emedobi Reply
No. 7x -4y is simplified from 4x + (3y + 3x) -7y
Mary Reply
is it 3×y ?
Joan Reply
J, combine like terms 7x-4y
Bridget Reply
im not good at math so would this help me
Rachael Reply
how did I we'll learn this
Noor Reply
f(x)= 2|x+5| find f(-6)
Prince Reply
f(n)= 2n + 1
Samantha Reply
Need to simplify the expresin. 3/7 (x+y)-1/7 (x-1)=
Crystal Reply
. After 3 months on a diet, Lisa had lost 12% of her original weight. She lost 21 pounds. What was Lisa's original weight?
Chris Reply
preparation of nanomaterial
Victor Reply
Yes, Nanotechnology has a very fast field of applications and their is always something new to do with it...
Himanshu Reply
can nanotechnology change the direction of the face of the world
Prasenjit Reply
At high concentrations (>0.01 M), the relation between absorptivity coefficient and absorbance is no longer linear. This is due to the electrostatic interactions between the quantum dots in close proximity. If the concentration of the solution is high, another effect that is seen is the scattering of light from the large number of quantum dots. This assumption only works at low concentrations of the analyte. Presence of stray light.
Ali Reply
the Beer law works very well for dilute solutions but fails for very high concentrations. why?
bamidele Reply
how did you get the value of 2000N.What calculations are needed to arrive at it
Smarajit Reply
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
QuizOver.com Reply

Get the best Algebra and trigonometry course in your pocket!





Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 3. OpenStax CNX. Sep 21, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11109/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 3' conversation and receive update notifications?

Ask