<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans huistaal

Graad 8

Module 7

Tegnieke in geskrewe tekste om spesifieke effekte te verkry

Aktiwiteit 1

Om tegnieke te ontleed wat in geskrewe tekste gebruik word om ’n spesifieke effek te bereik

  • Kyk na die Leipoldt-gedig , Op my ou Ramkietjie.

1. Aan die einde van strofe 2 lees ons dat die verteller/musiekmaker sê die mense beskou hom as “halfpad mal”. Is daar enige gedeeltes in die gedig wat vir ons ’n aanduiding gee of die mense reg of verkeerd is? Haal hulle aan.

2. Wat bedoel die verteller met “as die skemer my wang soen” in strofe 3?

3. Wat sê die woorde “soos ferweel” van sy ervaring van die buitelug?

4. Watter soort ATMOSFEER word in die gedig opgeroep?

5. Watter MIDDELE het die digter gebruik om dié atmosfeer te skep?

6. Hierdie gedig is reeds lank gelede getoonset (van musiek voorsien) en is een van die bekendste Afrikaanse gedigte wat gereeld deur ernstiger kunstenaars gesing word. Probeer vasstel waarin die SANGERIGHEID van die gedig lê.

7. Die laaste strofe is ’n presiese herhaling van die eerste. Ons sê dit gee aan die gedig ’n “SIKLIESE GANG” (siklus = sirkel); dit rond die gedig af. Watter ander bydrae lewer die slotstrofe tot die geheel van die gedig (die inhoud, die atmosfeer, die boodskap, ens.)?

8. Wat beteken “kordaat” in strofe 4?

9. Haal woorde uit die gedig aan wat aandui hoe die verteller oor sy eie musiek voel. Kyk nou na die Opperman-gedig (teks D).

1. Wie is aan die woord in die gedig?

2. Hoe weet jy dit? (Motiveer jou antwoord uit die gedig.)

3. Hoe noem ons dié soort beeldspraak (waar ’n “lewelose” ding byna “menslike” eienskappe kry, en bv. kan praat)?

4. Waarom maak die digter van hierdie tegniek gebruik in die gedig?

5. Verduidelik wat reël 1 beteken.

6. Wat probeer die verteller by ons tuisbring wanneer hy verwys na “die sterre, wolke, kolle van die son”?

7. Wat is die “vogte van die aarde”?

8. Wat is “harpuis”?

9. Dink jy hierdie beeld is toepaslik in die gedig? Motiveer jou antwoord. (Vind uit wat die doel van harpuis is by ’n boom.)

10. Wat gebeur op die ou end met hierdie denneboom, volgens dié gedig?

11. Is dit ’n waardige of vernederende einde vir die boom? Verduidelik jou antwoord uit die gegewens wat in die gedig voorkom.

12. Wat, dink jy, probeer die digter by die leser tuisbring met hierdie gedig?

LU 3.7

Aktiwiteit 2

Om begrip te toon van informatiewe tekste

  • Kyk na teks E (oor T.O. Honiball).
  • Die doel van hierdie teks is om inligting te gee, m.a.w. dit is ’n informatiewe teks.

Identifiseer die hoofgedagtes en skryf hulle puntsgewys, maar in volsinne, neer. Daar moet nie meer as ses kort sinne wees nie.

LU 3.4

Aktiwiteit 3

Om begrip te toon van ’n teks en om tegnieke te ontleed wat in geskrewe tekste gebruik word om ’n spesifieke effek te bereik

Volgens die Letterkundige Sakwoordeboek is ’n essay “’n korter prosageskrif waarin ’n literêre, godsdienstige, estetiese, politieke of sosiale probleem op persoonlike en pittige wyse behandel word.”

By “Skets” lees ons: “’n kort prosastuk wat van ’n staties-beskrywende aard is (’n persoon, toneel of situasie) en waarin ontwikkeling nie ter sake is nie.”

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 8. OpenStax CNX. Sep 11, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11037/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask