<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Aardrykskunde

Graad 4

Voedselproduksie

Module 24

Voedselgewasse

Suid-Afrika se vrugbare grond en die harde werk van die boere help dat groot hoeveelhede voedselgewasse vir eie gebruik en ook vir uitvoer na ander lande

geproduseer word.

Aktiwiteit 1

Om ‘n vraelys oor die verspreiding van vrugte- en graanboerdery in suid-afrika te voltooi [lu 1.1]

Watter van hierdie voedselsoorte het jy hierdie week geëet?

Watter van hierdie produkte word in jou provinsie verbou?

In watter provinsie word hoofsaaklik suiker verbou?

In watter provinsie word daar weinig produkte verbou? (Verskaf redes hiervoor te verskaf.)

Noem drie provinsies waarin koring verbou word.

Aktiwiteit 2

Om ‘n navorsingstaak aan die hand van ‘n stel kriteria te voltooi [lu 3.3]

Kies uit die lys produkte in die aktiwiteit op die vorige bladsy een wat aan jou die bekendste is en voltooi ‘n navorsingstaak aan die hand van die volgende stel kriteria. Stel jou navorsingsresultate voor op ‘n plakkaat of in bundelvorm.

DIE GEWAS VAN MY KEUSE:

  • Ligging van boerdery / plaas in Suid-Afrika (kan ook kaart gebruik)
  • Rede vir ligging (reënval, klimaat, watervoorsiening, afstand van verbruiker, plantegroei)
  • Grootte van plaas
  • Uitleg van plaas (skets)
  • Seisoengebonde aktiwiteite (bv. bewerk grond in winter, saai in herfs, ens.)
  • Prosesse in die verwerking van die geoeste produk
  • Finale verwerkte produkte soos op winkelrakke (voorbeelde van verpakking)
  • Belang van hierdie boerdery vir Suid-Afrika (ekonomies / werkverskaffing )

Assessering

Leeruitkoms 1: aardrykskundige ondersoek

Die leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om aardrykskundige en omgewingsbegrippe en -prosesse te ondersoek.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder

1.1 inligting uit verskillende bronne identifiseer (kaarte) [vind bronne].

Leeruitkoms 3: verkenning van vraagstukke

Die leerder is in staat om ingeligte besluite oor sosiale en omgewingsvraagstukke en –probleme te neem.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder

3.3 voorstelle maak oor hoe toegang tot hulpbronne in ‘n spesifieke konteks verbeter kan word.

Memorandum

Die verspreiding van vrugte- en graanboerdery in Suid-Afrika

  • KwaZulu Natal
  • Noord-Kaap – droog
  • Wes-Kaap
  • Oos-Kaap
  • Vrystaat

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Aardrykskunde graad 4. OpenStax CNX. Oct 21, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11083/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Aardrykskunde graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask