<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Aardrykskunde

Graad 5

Hulpbronne

Module 20

Menslike hulpbronne: produksie en nywerheid

AKTIWITEIT 1

OM PATRONE IN 'N TIPIESE PRODUKSIELYN TE IDENTIFISEER

[LU 1.3]

Bestudeer die kaart en beantwoord die vrae deur die korrekte woorde uit dié tussen hakies te onderstreep:

  1. Die groot vragmotor (15 ton) neem die vrag kool na die mark in die (groot stad / klein dorpie).

  2. Die vragmotor met die 8 ton kruideniersware gaan na die (groothandelaar in die dorp/plaaswinkeltjie).

  3. Die vragmotor uit die plantasie neem die vrag hout na die (saagmeul op die dorp/besproeiingsplaas) waar daar houtkratte vir groente gemaak word.

  4. Die beste plek vir ’n vulstasie is by (1 / 2)

  5. Die grootste en mooiste winkels is by (3 / 4)

  6. Ongelukkig pla die fabrieksgeraas die mense by (5 / 6)

  7. Die mense van (7 / 8) stap Saterdae ver om by die winkels uit te kom.

  8. Daar ry baie (meer/minder) motors en vragmotors op pad A as op pad B.

AKTIWITEIT 2

OM MOONTLIKE OORSAKE EN GEVOLGE MET GEPAARDGAANDE OPLOSSINGS TE ONDERSOEK

[LU 1.6]

Dinktaak

Dikwels tref ongelukke mense wat met die vervoer van hulpbronne besig is. ’n Trein is daar om te vervoer, en wat anders as hulpbronne kan daar vervoer word? Dit is mense, of algemene vrag, of steenkool, of ystererts, of graan.

Het julle al gehoor van ’n trein wat ontspoor het en dat die ongeluk as ’n treinramp beskryf word? Die gevolge is altyd nadelig en veroorsaak groot skade. Mense kan sterf of baie seer kry, en daar is groot skade aan die trein en die treinspoor. So kan ’n mens heelwat dinge opnoem.

Lees die koerantberiggie, kyk na die treinspoor op die kaart op die vorige bladsy en dink ’n bietjie na oor die gevolge van so ’n groot treinramp. Voltooi dan die taak.

TREINRAMP IN NOORDE KAN ERNSTIGE GEVOLGE INHOU

Omgewingsverslaggewer

Pretoria: ‘n Goederetrein met ‘n groot hoeveelheid diesel, gifstowwe en algemene vrag het eergisternag tussen Mussina en Polokwane ontspoor. Die treinbrug oor die Sandrivier is ernstig beskadig en die spoor sal vir ongeveer ses weke gesluit wees.

Die diesel in die twintig tenks het aan die brand geslaan en die gifstowwe het in die rivier beland. Die res van die vrag is ook verwoes.

Mnr. Mike Smit van Spoornet sê treinverkeer tussen Suid-Afrika en Zimbabwe sal vir die volgende paar weke deur Botswana gaan. Dit is ‘n ompad van ongeveer 300 kilometer. Spoornet sal die bykomende koste dra.

Die veldbrand wat ontstaan het, woed steeds voort in die digte bosse. Dit is moeilik vir brandslaners om die brand in die bergagtige omgewing te bereik.

‘n Ondersoekspan van die Departement Natuurbewaring vertrek vandag uit Pretoria na die ramptoneel om ondersoek in te stel na die uitwerking van die treinramp op die natuur. Die span wil veral vasstel of daar ‘n verband is tussen die groot aantal visvrektes wat in die Sandrivier voorkom, en die gif wat in die water beland het.

Bespreek en beskryf:

  • Moontlike beserings aan die mense en die gevolge oor ’n lang tyd
  • Spoornet se skade
  • Die skade aan die omgewing
  • Wat dink jy kan die oorsake van so ’n ramp wees?

Kyk nou na die kaart op bladsy 14 en beantwoord die vrae:

  • Watter soort oorgang sal die heel beste wees daar waar die treinspoor en pad A by die stasie kruis?
  • Watter goue veiligheidsreël kan jy maak vir die kinders van woonbuurt 7?
  • Jy is die eerste persoon wat sien dat ’n groot treinramp plaasgevind het. Noem drie groepe mense by wie jy heel eerste die ongeluk sal aanmeld:

AKTIWITEIT 3

OM 'N GEVALLESTUDIE TE DOEN OM TE ILLUSTREER HOE NOU NATUURLIKE EN MENSLIKE HULPBRONNE VERWEEF IS IN DIE EKONOMIESE PROSES

[LU 1.4; 1.7]

  • Bestudeer die sketse wat die produksiestappe in die vervaardiging van ingemaakte perskes verduidelik en toon jou begrip van die proses deur ‘n vloeidiagram saam te stel. Onderskei duidelik tussen natuurlike en menslike hulpbronne.

Assessering

LU 2

AARDRYKSKUNDIGE KENNIS EN BEGRIP

Die leerder is in staat om aardrykskundige en omgewingskennis en -begrip te toon.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

2.2 die skakels tussen natuurlike hulpbronne en ekonomiese bedrywighede identifiseer;

2.3 maniere waarop die fisiese omgewing menslike bedrywighede beïnvloed en hoe menslike bedrywighede die fisiese omgewing beïnvloed, beskryf.

Memorandum

AKTIWITEIT 2

  • Masjinis – mediese eise, nuwe persoon opgelei, uitbetaling aan gesin in geval van sterfte
  • Verlies aan vrag, skade aan spoor en trein, addisionele koste vir ompad
  • Rivier – plante en diere vrek Water na see – ook daar vrektes Brandskade – plante en diere Lugbesoedeling
  • Sabotasie
  • Brug / duikweg
  • Moenie naby die treinspoor speel of dit oorsteek by ‘n onbewaakte oorgang nie

AKTIWITEIT 3

  • Perskeboord (N)
  • Pluk (M)
  • Verpak (M)
  • Krat (M)
  • Vervoer (M)
  • Sorteer (M)
  • Was (M)
  • Water (N)
  • Verwerk (N)
  • Blik (yster) (N)
  • Etiket (papier) (N)
  • Versprei (M)
  • Verkoop (M)
  • Eet (M)

Questions & Answers

what does preconceived mean
sammie Reply
physiological Psychology
Nwosu Reply
How can I develope my cognitive domain
Amanyire Reply
why is communication effective
Dakolo Reply
Communication is effective because it allows individuals to share ideas, thoughts, and information with others.
effective communication can lead to improved outcomes in various settings, including personal relationships, business environments, and educational settings. By communicating effectively, individuals can negotiate effectively, solve problems collaboratively, and work towards common goals.
it starts up serve and return practice/assessments.it helps find voice talking therapy also assessments through relaxed conversation.
miss
Every time someone flushes a toilet in the apartment building, the person begins to jumb back automatically after hearing the flush, before the water temperature changes. Identify the types of learning, if it is classical conditioning identify the NS, UCS, CS and CR. If it is operant conditioning, identify the type of consequence positive reinforcement, negative reinforcement or punishment
Wekolamo Reply
please i need answer
Wekolamo
because it helps many people around the world to understand how to interact with other people and understand them well, for example at work (job).
Manix Reply
Agreed 👍 There are many parts of our brains and behaviors, we really need to get to know. Blessings for everyone and happy Sunday!
ARC
A child is a member of community not society elucidate ?
JESSY Reply
Isn't practices worldwide, be it psychology, be it science. isn't much just a false belief of control over something the mind cannot truly comprehend?
Simon Reply
compare and contrast skinner's perspective on personality development on freud
namakula Reply
Skinner skipped the whole unconscious phenomenon and rather emphasized on classical conditioning
war
explain how nature and nurture affect the development and later the productivity of an individual.
Amesalu Reply
nature is an hereditary factor while nurture is an environmental factor which constitute an individual personality. so if an individual's parent has a deviant behavior and was also brought up in an deviant environment, observation of the behavior and the inborn trait we make the individual deviant.
Samuel
I am taking this course because I am hoping that I could somehow learn more about my chosen field of interest and due to the fact that being a PsyD really ignites my passion as an individual the more I hope to learn about developing and literally explore the complexity of my critical thinking skills
Zyryn Reply
good👍
Jonathan
and having a good philosophy of the world is like a sandwich and a peanut butter 👍
Jonathan
generally amnesi how long yrs memory loss
Kelu Reply
interpersonal relationships
Abdulfatai Reply
What would be the best educational aid(s) for gifted kids/savants?
Heidi Reply
treat them normal, if they want help then give them. that will make everyone happy
Saurabh
What are the treatment for autism?
Magret Reply
hello. autism is a umbrella term. autistic kids have different disorder overlapping. for example. a kid may show symptoms of ADHD and also learning disabilities. before treatment please make sure the kid doesn't have physical disabilities like hearing..vision..speech problem. sometimes these
Jharna
continue.. sometimes due to these physical problems..the diagnosis may be misdiagnosed. treatment for autism. well it depends on the severity. since autistic kids have problems in communicating and adopting to the environment.. it's best to expose the child in situations where the child
Jharna
child interact with other kids under doc supervision. play therapy. speech therapy. Engaging in different activities that activate most parts of the brain.. like drawing..painting. matching color board game. string and beads game. the more you interact with the child the more effective
Jharna
results you'll get.. please consult a therapist to know what suits best on your child. and last as a parent. I know sometimes it's overwhelming to guide a special kid. but trust the process and be strong and patient as a parent.
Jharna
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Sosiale wetenskappe: aardrykskunde graad 5. OpenStax CNX. Sep 22, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10985/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Sosiale wetenskappe: aardrykskunde graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask