<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Opdrag:

Doen naleeswerk en beskryf nog vyf maniere waarop plante waterverlies voorkom en vyf wyses waarop diere waterverlies voorkom.

Assessering

LU 1

Wetenskaplike Ondersoek

Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.

Dit is bewys as die leerder:

1.1 ondersoeke kan beplan;

1.2 ondersoeke kan uitvoer en data kan insamel;

1.3 data kan evalueer en bevindinge kan kommunikeer.

LU 2

Wetenskaplike Kennis

Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.

Dit is bewys as die leerder:

2.1 sinvolle inligting kan onthou;

2.2 inligting in kategorieë kan plaas;

2.3 inligting kan interpreteer;

2.4 kennis kan toepas.

LU 3

Wetenskap, die Gemeenskap en die Omgewing

Die leerder is in staat om begrip van die onderlinge verband tussen wetenskap en tegnologie, die samelewing en die omgewing te toon.

Dit is bewys as die leerder:

3.1 wetenskap as ‘n menslike aktiwiteit kan verstaan;

3.2 volhoubare gebruik van die aarde se hulpbronne verstaan.

Memorandum

Aktiwiteit 1:

Waarde van water en die watersiklus

Eie voorstelling van watersiklus:

Maak seker dat die leerder al die terme in die tabel in sy skets gebruik het.

El Nino, droogtes en vloede

1. Help die klas om uit almal se terugvoer/voordragte die beste inligting te selekteer en neer te skryf

2. Soos by 1.

Waterbesparing by die huis

  • Hoe kan jou gesin bydra tot waterbesparing?
  • Maak ’n lys van die beste voorstelle:
  • Laat klas saam besluit oor die beste voostelle. Prys die leerder wie se lys die nouste met die klas se lys ooreenstem.

Aktiwiteit 3:

Aanpassings van plante en diere by toestande van watertekort

Drie groepe met voorbeelde : mesofiete (enige voorbeeld), xerofiete (bv. die aalwyn, ander vetplante, turksvy ens.), hidrofiete (waterlelie, ens.)

Ontwerp : Let op vlesige blare, dikwels klein, dat hulle sittend is en so gerangskik dat hulle water na die stam toe gelei. Blare kan ook baie klein en doringagtig wees. Kan ’n waslagie hê. Vlak wortels, baie vertak.

Opdrag:

  • Voorbeelde (aanvaar enige ander wat sin maak):
  • Plante
  • Harige blare
  • Min openinge (huidmondjies)
  • Openinge slegs aan onderkant van blaar
  • Vlesige stam en wortels
  • Groot ondergrondse dele waarin water gestoor kan word
  • Diere
  • Klein liggaamsoppervlak
  • Min of geen urienuitskeiding
  • Droë ontlasting
  • Min bloedvate naby vel in groot gedeelte van die liggaam (omdat die liggaam as gevolg daarvan nie baie kan afkoel nie, word ander meganismes ontwikkel om bepaalde dele soos die brein koel te hou; bv. die gemsbok sirkuleer bloed wat na die brein toe gaan deur die neusvleuels, sodat dit kan afkoel)
  • Eet kos met hoë voginhoud

Maak die leerders vertroud met die volgende begrippe:

Hyging: vinnige asemhaling met groot vogverlies vanaf slymvliese van die keel en mond – soos by honde en voëlsoorte

Estivering: somerslaap

Enkele sentimeters onder die grond is dit koeler – daarom tonnels

Migrasie: veral voëls en sekere boksoorte trek na beter voedselbronne self seisoenaal soos swaeltjies

Rete mirabilis: wondernetwerk bloedvate in gemsbok se neusvleuels vir afkoeling

Diere se oorlewingstrategieë

  • Gemsbok: koelteboom, en hou brein koel deur bloed in neus
  • Meerkatte: gaan onder grond
  • Kan beweeg na waar daar water is, vel sweet nie – verloor nie water nie maar kan afkoel deur te vlieg
  • Sweet slegs deur tong

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Natuurwetenskappe graad 8. OpenStax CNX. Sep 12, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11049/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask