<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Kom ons help Sonja om te besluit of haar “besigheid” die moeite werd is, en of sy genoeg geld daaruit gaan verdien.

Vir 100 velle skryfpapier benodig sy:

6 rolle toiletpapier @ ± R1,45 per rol

2 filtreerlappe @ ± R0,60 per lappie

water

½ koppie Jik @ ± R0,50

Sy verpak die papier in pakkies van 10 velle met koeverte, wat sy ook van die papier maak. Sy vra R5 vir een pakkie wat ook met ‘n lint (50c) versier is.

  1. Wat kos dit haar om 100 velle papier met koeverte te maak en in pakkies van 10 te verpak?

......................................................................................................

  1. Watter bedrag ontvang sy, indien sy al 10 pakkies verkoop?

......................................................................................................

  1. Het sy enige geld oor nadat sy aan haar ma die geld terug betaal het wat sy aan die begin geleen het? Hoeveel het sy oor?

Dit wil voorkom asof Sonja heel goed kan vaar met haar besigheid, indien sy alles goed beplan. Sou jy nie ook graag ‘n entrepreneur wil word nie?

2.kompetisie

Besighede streef daarna om produkte en dienste te lewer wat deur die verbruikers benodig word. So is daar byvoorbeeld ‘n bakker wat brood voorsien, ‘n kettingwinkel wat kos verkoop, ‘n klerewinkel waar ons die nodige kledingstukke kan bekom, ens. Maar wat gebeur as daar meer as een bakker, kettingwinkel, klerewinkel, ens. is?

Die onderskeie besighede kompeteer met mekaar deur hul produkte en/of pryse so aantreklik moontlik te maak om jou, die verbruiker, te lok. Elke besigheid moet die verbruiker probeer oortuig dat sy produk beter, goedkoper en miskien meer in die mode is as die ander besigheid s’n.

Kom ons neem brood as voorbeeld. Die volgende twee besighede verkoop albei brood. Hoe gaan jy besluit waar om te koop?

Skryf ‘n paar redes neer om jou keuse te motiveer.

...........................................................................................................................

3.advertensies

Dit is belangrik vir die produsent om sy produk aan jou, die verbruiker, bekend te stel. Hy kan dit doen deur middel van advertensies in tydskrifte, koerante, oor die radio, op televisie, plakkate, advertensieborde en selfs deur middel van pamflette in ons posbusse. Soms is die advertensies so uitlokkend dat ons produkte koop wat ons nie eintlik nodig het nie.

Aktiwiteit 2

Om die eienskappe van goeie advertensies te ondersoek [LU 4.1]

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now

Source:  OpenStax, Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 4. OpenStax CNX. Sep 17, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11085/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask